Lyn­sta­ne moet nóg be­ter – Ac­kers

Beeld - - Sport - Ge­or­ge Ger­mis­huys

Die mees ge­yk­te rug­by­wys­heid – maar die een waar­in daar be­slis die mees­te waar­heid steek – is dat al­le aan­val­len­de spel be­gin en ein­dig by die wel­slae van die voor­spe­lers.

En die vas­te fa­set wat die groot­ste aan­vals­wa­pen in die mo­der­ne spel ge­word het, is die lyn­staan.

Dit is dus geen ver­ras­sing nie dat die Leeus, wat die der­de mees­te drieë in van­jaar se Su­per­reeks (48) ge­druk het, ook kan staat­maak op ’n lyn­staan wat teen ’n koers van 89,9% funk­si­o­neer.

Dit is se­ker te ver­wag­te van ’n span wat deur Jo­han Ac­ker­mann, ’n voor­ma­li­ge S­pring­bok­slot wat die na­si­o­na­le span in 13 toet­se ver­teen­woor­dig het, af­ge­rig word.

Die Leeus se wel­slae by die lyn­sta­ne kom ook te mid­de van ’n ro­ta­sie­be­leid tus­sen die ha­kers en slot­te, wat ge­tuig van ’n doel­tref­fen­de stel­sel eer­der as in­di­vi­du­e­le ta­lent. Jo­han Ac­ker­mann

Vir mô­re se stryd teen die Brum­bies in Can­ber­ra sal die druk toe­neem, na­dat die Leeus se be­stuurs­korps be­sluit het om vyf ver­an­de­rin­ge aan die pak voor­spe­lers te maak.

Cor­né Fou­rie ver­vang vir Ja­c­ques van Rooy­en op los­kop­stut, Rob­bie Coet­zee sak op ha­ker in die plek van Mal­colm Marx en Jo­han­nes Jon­ker be­gin bo Ru­an D­rey­er op vas­kop.

Lou­rens Eras­mus skuif na die plaas­ver­van­gers­bank om plek te maak vir die slot An­dries Fer­rei­ra, met Ru­an Ac­ker­mann wat vir Cy­le B­rink in die nr. 7-trui ver­vang.

Suk­ses in hier­die vas­te fa­set kom ook nie oor­nag nie, soos Ac­ker­mann sê.

“Ons lyn­sta­ne was ver­le­de jaar reeds goed,” het Ac­ker­mann uit Aus­tra­lië laat weet.

“Dit gaan hier­die jaar be­son­der goed en ons is dank­baar daar­voor, maar el­ke wed­stryd bring vir jou nu­we uit­da­gings.”

En die uit­da­ging wat die Brum­bies mô­re in Can­ber­ra gaan stel is be­son­der straf. Hul lyn­staan funk­si­o­neer teen 89,5% en die span druk tal­le drieë van rol­maal­be­we­gings af. Die ran­kers ding ook sterk mee op die op­po­si­sie se in­gooie.

“Die Brum­bies is man­ne wat jou reg­tig uit­daag by die lyn­sta­ne, maar ons het hier ook al baie ge­groei wat er­va­ring be­tref.”

“El­ke be­trok­ke spe­ler dra by om van die lyn­staan ’n suk­ses­vol­le, aan­val­len­de en on­voor­spel­ba­re or­ga­nis­me te maak.

“Fran­co Mos­tert lei die lyn­sta­ne en hy be­stee baie tyd en e­ner­gie daar­aan. Ons pro­beer ook ons lyn­sta­ne aan­pas so­dat daar an­der op­sies is.”

Daar is nie één as­pek waar­op die voor­spe­lers of be­stuur fo­kus om die lyn­staan ’n vaart­be­lyn­de on­der­ne­ming te maak nie.

“Dis maar ’n kom­bi­na­sie van din­ge. Die ha­kers sit baie tyd in en doen ek­stra in­gooi-oe­fe­nin­ge, die sprin­gers neem ver­ant­woor­de­lik­heid en die ou­ens wat in die lyn­staan moet be­weeg, is ak­ku­raat en moet hul de­tail ken.”

Die pro­duk is, vol­gens Ac­ker­mann, nooit vol­tooi nie.

“Daar sal maar al­tyd vir een van die voor­spe­lers din­ge wees om aan te werk.” Die Leeus se lyn­staan, met Fran­co Mos­tert aan die spits, is een van die span se bes­te aan­val­len­de wa­pens.

Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.