TIAN EN A­DRI­AAN... On­der Bul­le se val­byl?

Beeld - - Sport - Co­bus Claas­sen

Draf A­dri­aan S­trauss Sa­ter­dag weer voor vir die Bul­le? En wie gaan die span se nr. 10-trui dra?

Dít sal t­wee van die brand­pun­te wees wan­neer Nol­lis Marais, die Bul­le se af­rig­ter, van­dag sy span aan­wys vir die Su­per­rug­by-stryd teen die High­lan­ders.

Dit is nie ’n vraag van óf nie, maar eer­der wie die trek­pas gaan kry ná die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag se fi­as­ko teen die Cru­sa­ders.

S­trauss (ha­ker) is on­der ge­wel­di­ge druk, met sy spel­peil wat nie aan die ver­wag­tin­ge vol­doen nie.

Die 31-ja­ri­ge S­trauss, wat ver­le­de sei­soen die S­pring­bok­ke ge­lei het, se waar­de as ’n se­ni­or spe­ler word in ver­skeie krin­ge be­vraag­te­ken.

Marais het geen ge­heim daar­van ge­maak nie dat dit “’n week van groot be­slui­te” in die Bul­le-kamp is.

Vir hom is die ge­neuk dat daar nie an­der oog­lo­pen­de kan­di­da­te is om die span aan te voer nie.

Han­dré Pol­lard is be­seer en die agt­ste­man Han­ro Lie­ben­berg het weens ’n dy­spier­be­se­ring nie teen die Cru­sa­ders ge­speel nie.

Ar­no Bo­tha het die Bul­le ver­le­de jaar in die Cur­rie­be­ker­reeks aan­ge­voer, maar hy het lank­laas ge­speel na­dat ’n knie­be­se­ring ver­le­de maand sy Nieu-See­land­se toer kort­ge­knip het.

Die kans is skraal dat Tian S­choe­man (los­ska­kel) sy plek in die be­gin­span sal be­hou.

Fran­cois Brum­mer, wat in­druk ge­maak het na­dat hy S­choe­man Sa­ter­dag in die twee­de helf­te ver­vang het, is in die bin­ne­baan.

Marais kan selfs in die ver­soe­king wees om die 25-ja­ri­ge To­ny Jan­tjies by die diep­kant in te gooi.

Die Bul­le-brei­er het van­dees­week ge­sê die jon­ger broer van El­ton Jan­tjies gaan van krag tot krag vir die Blou Bul­le in die Su­perS­port-uit­daag­reeks.

Daar be­hoort ook ver­an­de­rings in die los­trio te wees.

Die Bul­le sal des­pe­raat wees om ’n spe­si­a­lis-bal­jag­ter in die op­draf­span te kies.

Ru­an S­teen­kamp en S­haun A­den­dorff het al­bei van­dees­week saam met die span ge­oe­fen.

Ja­c­ques Pot­gie­ter het teen die Cru­sa­ders ge­suk­kel om by te hou en kan een van die spe­lers wees wat ge­pos word so­dat hy sy sok­kies kan op­trek.

Marais moes ook be­sluit of hy met die sen­ter­kom­bi­na­sie van Jes­se K­riel en Bur­ger O­den­daal gaan vol­hard. Die S­pring­bok Jan Ser­fon­tein het vol rug­by ge­lyk toe hy Sa­ter­dag as ’n im­pak­spe­ler op­ge­stuur is en hy kan straks met ’n plek in die be­gin­span be­loon word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.