‘Pa­s­op vir Kings se Chris, Li­o­nel’

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Chris Cloe­te. Li­o­nel Cron­jé.

Dit sal nie ver­baas nie as dié t­wee na­me van­dees­week le­wens­groot op die wit­bord in die Haaie se span­ka­mer ge­skryf staan.

Die Dur­ba­nie­te ruk Sa­ter­dag na Port E­li­za­beth op vir hul twee­de Su­per­rug­by-stryd teen die Sout­hern Kings van­jaar.

Die Kings se goeie spel tot dus­ver kan groot­liks toe­ge­skryf word aan die los­ska­kel Cron­jé se to­wer­kun­sies en die flank Cloe­te se al­om­teen­woor­dig­heid by die af­breek­pun­te.

Maar die Haaie se hulp­af­rig­ter, Se­an E­ve­ritt, meen Cloe­te is die boer wat die Kings se oes van aan­skou­li­ke drieë kul­ti­veer.

“Chris is sterk op die bal en hy hou ’n bit­ter groot be­drei­ging in. Die ma­nier waar­op hy om­keer­be­sit be­werk­stel­lig is baie waar­de­vol vir hul­le,” sê E­ve­ritt, wat vir Cloe­te in sy ju­ni­or dae af­ge­rig het.

Dié be­sit is boon­op die Kings se kos.

“Baie van hul drieë kom na­dat hul­le die bal om­ge­keer het, so ons sal kli­nies moet wees en die bal lank moet be­skerm,” sê E­ve­ritt.

Wan­neer ’n mens die Baai­e­naars se pa­troon ont­leed, sien jy Li­o­nel Cron­jé

dat Cloe­te die har­de werk in die loop­gra­we doen. Daar­na kan Cron­jé, met ge­vaar­li­ke snel­lers soos die vleu­el Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi aan sy bui­te­kant, be­hoor­lik bal­jaar.

Cron­jé was vroe­ër in sy loop­baan ook by die Haaie.

“Li­o­nel be­leef die sei­soen van sy le­we en ek is baie bly vir hom. Hy het die ge­leent­heid ge­kry om nu­we le­we in sy loop­baan te blaas.

“Die Kings se be­sluit­ne­mers vaar goed en ons sal hul­le on­der druk moet plaas. Ons sal vir Li­o­nel goed moet dop­hou,” sê hy.

Die sleu­tel vir die Haaie gaan dus wees om vir Cloe­te by die af­breek­pun­te hok te slaan, Cron­jé se ruim­te te be­perk en om fa­se ná fa­se van sta­pel te stuur.

“Ons is be­wus van wat wag. Daar is reeds baie in die me­dia ge­skryf oor dié stryd. Ons gaan nie daar­heen om te ver­de­dig teen hul­le nie. Ons gaan om die wed­stryd te wen. Daar­voor moet jy po­si­tie­we rug­by speel en by jou struk­tu­re hou.”

E­ve­ritt meen die Haaie sien die Kings nie nood­wen­dig as die bui­te­perd vir dié stryd nie. Die Kings het hul­le im­mers goed skrik­ge­maak toe die span­ne vroe­ër in Dur­ban ont­moet het.

Ná daar­die wed­stryd, wat die Haaie met 19-17 ge­wen het, en ook die ge­lyk­op­uit­slag van 9-9 teen die Re­bels, het die Haaie baie voor­uit­gang ge­toon.

“Die e­nig­ste frus­tra­sie vir ons is dat ons nie bo­nus­pun­te in­sa­mel nie. Ons het ver­le­de week teen die For­ce baie ge­leent­he­de ge­skep, ve­ral in die eer­ste helf­te, maar t­wee drieë is nie toe­ge­ken nie.

“Ons gaan ak­ku­ra­ter moet wees as ons bo­nus­pun­te wil kry. Maar ons kan ook nie be­kos­tig om mak­li­ke drieë af te staan nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.