Oor­maat slot­te dalk re­de vir Lyon­skuif

Beeld - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

E­tien­ne Oost­hui­zen Nóg ’n Suid-A­fri­kaan­se rug­by­spe­ler gaan sy heil oor­see soek.

Die 24-ja­ri­ge Haaie-slot E­tien­ne Oost­hui­zen ver­laat dié fran­chi­se aan die ein­de van die jaar om hom by die klub­span Lyon in Frank­ryk aan te sluit.

Lyon het Dins­dag op sy web­werf aan­ge­kon­dig dat Oost­hui­zen ’n kon­trak van drie jaar met dié klub ge­sluit het. Hy gaan ná die Su­per­rug­by-reeks Frank­ryk toe.

Ga­ry Tei­ch­mann, die Haaie se uit­voe­ren­de hoof, sê Oost­hui­zen sal ’n groot leem­te by die Haaie laat.

“Hy speel tans die bes­te rug­by van sy loop­baan en is ’n reg­te staat­ma­ker. Ons gaan hom baie mis, maar ons ver­staan ook sy uit­gangs­punt,” sê Tei­ch­mann.

Vol­gens hom sou die feit dat Suid-A­fri­ka se slots­pens vol is, ’n in­vloed op Oost­hui­zen se be­sluit ge­had het.

“Hy is nou al vir ’n wy­le in die stel­sel en die an­der ou­ens wat voor hom in die ry by die Bok­ke staan, is al­mal om­trent sy ou­der­dom. Ek is se­ker dit was in sy ag­ter­kop.”

Spe­lers soos E­ben Et­ze­beth (25), Pie­ter-S­te­ph du Toit (24) en Lood de Ja­ger (24) be­hoort saam met Fran­co Mos­tert (26) die voor­keur­slot­te in die Bok-groep te wees.

Daar­be­ne­wens klop an­der jong ran­kers soos RG Sny­man (22) en Oost­hui­zen se Haai-slot­maat Ru­an Bo­tha (25) ook hard aan die Bok­ke se deur.

Tei­ch­mann is nie­te­min vol ver­troue dat die Haaie se struk­tu­re reg is om die leem­te wat Oost­hui­zen gaan laat, na wen­se te vul.

“Ons het goeie slot­te wat deur­kom en dit is nou weer vir hul­le ’n ge­leent­heid om te wys dat hul­le die vol­gen­de treë na Su­per­rug­by-vlak kan gee.”

Oost­hui­zen het sy loop­baan in 2012 by die Goue Leeus in die Cur­rie­be­ker-reeks be­gin, waar­na hy in 2013 vir die Brum­bies in die Su­per­rug­by-reeks uit­ge­draf het.

Die daar­op­vol­gen­de jaar het hy hom in Dur­ban aan­ge­sluit en se­dert­dien het hy ’n staat­ma­ker vir die Haaie ge­word.

■ Nóg ’n Suid-A­fri­kaan­se slot, Fran­cois van der Mer­we, gaan hom ook by Lyon aan­sluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.