SPE­LERS TUIS VIR KSA­‘OSCARS’ Koe­baai IPL, sê Pro­tea­ster­re Ta­hir­hul­le se aan­dag is nou by toer na En­ge­land

Beeld - - Sport - – Jo­hann de Ja­ger

Die agt Pro­te­as wat van­jaar in die In­die­se P­re­mier­liga (IPL) in ak­sie was, sal nie ver­der aan dié T20reeks in In­dië deel­neem nie.

’n Woord­voer­der van K­rie­ket Suid-A­fri­ka het be­ves­tig al­mal sal Sa­ter­dag die be­heer­lig­gaam se prys­uit­de­ling in Ky­a­la­mi, Mid­rand, by­woon.

“Die na­si­o­na­le spe­lers moet eint­lik die 11de te­rug wees, want die gholf­dag (soos ge­bruik­lik voor die jaar­lik­se prys­uit­de­ling) word Vry­dag (12 Mei) al ge­speel.”

Die IPL-eind­stryd is eers op 21 Mei.

Die Pro­te­as ver­trek reeds Dins­dag na En­ge­land. Op dié ein­ste dag vind die IPL se eer­ste uit­speel­wed­stryd plaas.

Suid-A­fri­ka se toer be­gin met ’n kits­reeks teen En­ge­land voor­dat die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee ge­speel word.

Die Pro­te­as gaan nie ’n oe­fen­kamp in Suid-A­fri­ka in­pas nie. Hul­le sal voor die een­dag­reeks teen En­ge­land wel t­wee oe­fen­wed­stry­de speel – op 19 Mei teen Sus­sex en 21 Mei teen Northamp­tons­hi­re.

’n Paar van die Pro­te­a­s­pe­lers sal stert in die lug na B­rit­tan­je reis.

Hashim Am­la was op sy stuk­ke in die IPL met t­wee 100-tal­le vir die Kings XI Pun­jab. Im­ran Ta­hir, wat aan­vank­lik nie in die IPL sou speel nie, was Ri­sing Pu­ne Su­per­gi­ant se voor­ste bou­ler met 18 paal­tjies.

AB de Vil­liers en Ta­braiz S­ham­si (Roy­al C­hal­len­gers Ban­ga­lo­re), Chris Mor­ris en Ka­gi­so Ra­ba­da (Del­hi Da­re­de­vils), Da­vid Mil­ler (Kings XI Pun­jab) en Faf du P­les­sis (Ri­sing Pu­ne Su­per­gi­ant) was die an­der Pro­te­as wat in die IPL in ak­sie was.

S­ham­si is nie in die groep wat na En­ge­land ver­trek nie. Die na­si­o­na­le keur­ders het eer­der be­sluit om Kes­hav Ma­ha­raj, die Pro­te­as se toets­draai­er, ook in een­dag­krie­ket te be­proef. Im­ran Ta­hir het uit­ge­blink vir Ri­sing Pu­ne Su­per­gi­ant.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.