Fi­fa se be­sluit ver­bly Ba­fa­na

Beeld - - Sport - – S­port­re­dak­sie, S­port24, fi­fa.com

Die In­ter­na­si­o­na­le Sok­ker­fe­de­ra­sie (Fi­fa) het be­ves­tig dat ne­ge A­fri­ka­lan­de van speel­kans in 2026 se ver­gro­te Wê­reld­be­ker-toer­nooi ge­waar­borg sal wees.

Net vyf A­fri­ka­lan­de – Al­ge­rië, Ka­me­roen, die I­voor­kus, G­ha­na en Ni­ge­rië – was in 2014 in die vo­ri­ge toer­nooi in Bra­si­lië in ak­sie.

Die be­heer­lig­gaam het in Ja­nu­a­rie een­pa­rig in­ge­stem dat die hui­di­ge for­maat van 32 span­ne tot 48 span­ne uit­ge­brei moet word en dat A­fri­ka van min­stens ne­ge plek­ke ge­waar­borg sal wees.

Suid-A­fri­ka was se­dert her­toe­la­ting tot die in­ter­na­si­o­na­le sporta­re­na drie keer in die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in ak­sie, ter­wyl hy ook drie keer nie vir die skou­spel kon kwa­li­fi­seer nie. Suid-A­fri­ka kon trou­ens nog net t­wee keer kwa­li­fi­seer.

Ba­fa­na Ba­fa­na het vir 1998 se toer­nooi in Frank­ryk en 2002 se toer­nooi in Suid-Ko­rea en Ja­pan ge­kwa­li­fi­seer.

Hy was in 2010 in SuidA­fri­ka in ak­sie net om­dat hy die gas­heer­land was. Bon­ga­ni K­hu­ma­lo vier sy doel in Suid­A­fri­ka se laas­te Wê­reld­be­ker­wed­stryd in 2010 in Bloem­fon­tein toe Ba­fa­na Ba­fa­na die Fran­se met 2­1 ver­ras het.

Vol­gens Fi­fa is daar selfs ’n moont­lik­heid dat tot tien A­fri­ka­lan­de in 2026 kan speel.

’n Uit­klop­toer­nooi tus­sen ses vas­te­land­span­ne sal die laas­te t­wee plek­ke be­paal.

Suid-A­fri­ka, wat in 1996 die 19de plek be­klee het, be­vind hom tans in die 67ste plek op die wê­reld­rang­lys.

E­gip­te (19de) is tans die voor­ste A­fri­ka­land op die wê­reld­rang­lys.

Suid-A­fri­ka is 12de op die A­fri­ka-rang­lys.

Ka­me­roen was al se­we keer in die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in ak­sie en is saam met Se­ne­gal en G­ha­na een van drie A­fri­ka­lan­de wat al die kwart­eind­ron­de ge­haal het.

Geen A­fri­ka­land kon al ver­der as die kwart­eind­ron­de vor­der nie.

Fo­to: IAN CARBUTT

Cla­ren­ce Muny­ai in A­pril in ak­sie in die 200 m by die SA by­een­koms vir se­ni­ors in Pot­chef­stroom.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.