Tom­my pak Rus­sie­se hot­klou in Ham­burg

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Tom­my Oost­hui­zen is op pad na Duits­land om daar vir die In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­sa­sie (IBO) se va­kan­te lig­swaar­ge­wig­ti­tel te gaan veg.

“Ons vlieg Vry­dag (mô­re) Ham­burg toe vir vol­gen­de Vry­dag se ge­veg,” sê Gert S­try­dom, Oost­hui­zen se af­rig­ter.

Oost­hui­zen sal teen die Rus I­gor Mik­hal­kin te staan kom.

Die ti­tel het va­kant ge­raak toe U­mar Sa­la­mov, vo­ri­ge kam­pi­oen, van Rus­land be­sluit het om eer­der die Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie (WBO) se ti­tel te pro­beer wen.

“T­ho­mas se teen­stan­der is ’n hot­klou en hy is baie sterk,” sê S­try­dom.

Mik­hal­kin (31) het nog net een van sy 20 ge­veg­te ver­loor en dit was se­we jaar ge­le­de, toe hy teen nog ’n Rus, A­lek­sy Ku­ziem­ski, vas­ge­val het.

Hy het sy laas­te ge­veg, in Maart teen Ye­v­ge­ni Mak­h­tei­en­ko van S­we­de, met pun­te ge­wen.

Vol­gens S­try­dom lyk Oost­hui­zen “baie goed” en is hy ge­reed vir die uit­da­ging wat wag.

Die 29-ja­ri­ge Oost­hui­zen het sy vo­ri­ge ge­veg op ’n in­druk­wek­ken­de wy­se ge­wen. Hy het Said M­bel­wa ’n rap­sie meer as t­wee we­ke ge­le­de uit sy pad ge­vee.

Oost­hui­zen het dié ar­me ve­te­raan van Tan­za­nië in die der­de ron­de uit­ge­slaan.

Oost­hui­zen spog nou met 27 oor­win­nings met nog t­wee van sy ge­veg­te wat ge­lyk­op ge­ëin­dig het.

■ Boks­gees­drif­ti­ges in S­tel­len­bosch kan hul­le in­tus­sen ge­reed­maak vir ’n toer­nooi wat op 28 Mei in die Coet­zen­burg­sport­sen­trum aan­ge­bied word.

No­me­va N­don­ge­ni boks in die hoof­ge­veg in die af­de­ling vir lig­ge­wig­te teen Ra­zak Net­tey van G­ha­na.

Tom­my Oost­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.