Kyk net dié kan­nie­doodd­wars­bal­kies

Beeld - - Sport -

’n Paal­tjie is uit die grond ge­boul, maar die dwars­bal­kies het nie be­weeg nie. Dit is be­stem­pel as “die paal­tjie van ’n leef­tyd” en een wat ’n groep Aus­tra­lie­se krie­ket­spe­lers die na­week in Mel­bour­ne uit die veld ge­slaan het.

be­rig Jat­in­der Singh, ’n kol­wer vir die plaas­li­ke Moon­ee Val­ley-span, se mid­del­pen is uit die grond ge­boul, maar die dwars­bal­kies het vreemd ge­noeg nie be­weeg nie.

Vol­gens Mi­cha­el O­z­bun, Moon­ee Val­ley se kap­tein, het die voor­val tot ’n de­bat tus­sen die spe­lers en skeids­reg­ters ge­lei oor of Singh uit is.

“Ek was op die g­rens. Ek het ge­sien sy paal­tjies spat en ek het ge­dink: ‘Ou­kei, hy is uit­ge­boul.’ Dit was ’n sim­pel hou.

“Toe sien ek al­mal drom by die paal­tjies saam. Ek het my by hul­le aan­ge­sluit en ge­sien wat ge­beur het. Dit was baie ver­war­rend.

“Daar was ’n de­bat en die skeids­reg­ter was ’n bie­tjie on­se­ker. Nie­mand het al ooit voor­heen so iets ge­sien nie.”

Die voor­val is ’n ruk­kie be­spreek en ’n klomp fo­to’s is ge­neem voor­dat al­mal oor­een­ge­kom het dat Singh wel uit is. Vol­gens die re­ël­boek is die kor­rek­te be­sluit ge­neem.

Re­ël 28 sê dui­de­lik ’n paal­tjie is ge­neem so­dra die dwars­bal­kies ver­wy­der is of ’n paal­tjie uit die grond ge­lig is.

Me­nings is ver­deeld se­dert fo­to’s van die voor­val op so­si­a­le me­dia ver­sprei is, maar min­stens een Fa­ce­book-ge­brui­ker, Al­lan Ho­we, het geen twy­fel dat die be­slis­sing reg was nie.

“As jy as kol­wer hoor hoe die bal die pen­ne ge­tref het, staan jy mos nie rond en ar­gu­men­teer ter­wyl jou mid­del­pen 10 m ver weg lê nie.” – S­tuff

S­tuff.co.nz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.