All Blacks wag dalk 2 keer

En­ge­land g’n in ‘groep van die dood’ – Ed­die

Beeld - - Sport - Ver­slag­span Ver­slag­span:

Die S­pring­bok­ke weet nou vir se­ker dat hul­le Nieu­See­land se ha­ka by die Wê­reld­be­ker­toer­nooi sal be­leef. Die S­pring­bok­ke hoef nie in sak en as te sit oor die feit dat hul­le die All Blacks in die groep­fa­se van die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in 2019 moet pak nie. Trou­ens, dis eint­lik góéie nuus vir Suid-A­fri­kaan­se rug­by.

Dít was die al­ge­me­ne kon­sen­sus on­der oud-Bok­ke na­dat Suid-A­fri­ka gis­ter in Kyo­to, Ja­pan, saam met Nieu-See­land, I­ta­lië en t­wee an­der kwa­li­fi­seer­ders (wat nog be­paal moet word) in Groep B ge­loot is vir die toer­nooi in Ja­pan.

“Jy speel lie­wer teen hul­le (die All Blacks) in die groep­fa­se as in ’n uit­speel­wed­stryd, want dan weet jy dat jy hul­le eers weer in ’n moont­li­ke eind­stryd kan kry,” het Vic­tor Mat­field, ge­we­se Bok-slot en ’n ve­te­raan van vier WB-toer­nooie, ge­sê.

Vol­gens hom moet die Bok­ke net se­ker maak hul­le klop I­ta­lië, so­dat hul­le van ’n plek in die kwart­eind­ron­de ver­se­ker is. I­ta­lië het na­tuur­lik ver­le­de jaar ’n skok­se­ge oor Suid-A­fri­ka be­haal.

Sou Suid-A­fri­ka die kwart­eind haal, sal hy teen een van die t­wee voor­ste span­ne in Groep A speel. Ier­land, S­kot­land en Ja­pan is die toplan­de wat in dié groep ge­loot is.

Die Bok­ke se kap­tein by die vo­ri­ge Wê­reld­be­ker­toer­nooi, die oud­sen­ter Je­an de Vil­liers, sê ook die lo­ting is baie po­si­tief vir Suid-A­fri­ka. En­ge­land se af­rig­ter, Ed­die Jo­nes, het sy span se moei­li­ke lo­ting vir 2019 se Wê­reld­be­ker­rug­by­toer­nooi ver­wel­kom.

“Wie noem dit ’n groep van die dood? Die uit­da­ging is een­vou­dig: Be­rei goed voor. Ons is op­ge­won­de en wil die WB­toer­nooi wen. Om dít te kan doen, moet ons ge­reed wees om teen é­nig­ie­mand te speel en hul­le te klop,” het Jo­nes gis­ter ge­sê.

Be­ne­wens En­ge­land sluit Groep C ook die ge­ves­tig­de rug­by­lan­de Frank­ryk en Ar­gen­ti­nië in.

Dit was voor gis­ter se lo­ting heim­lik die af­rig­ters van die voor­ste agt lan­de se be­kom­mer­nis dat hul span in die­self­de groep as Ar­gen­ti­nië sal be­land.

Ar­gen­ti­nië is in die ne­gen­de plek op die wê­reld­rang­lys en ge­volg­lik in die der­de af­de­ling van span­ne in die lo­ting.

Frank­ryk se af­rig­ter, Guy No­ves, het die krip­tie­se op­mer­king ge­maak dat dit ’n “ge­ba­lan­seer­de” groep is. “Ons is be­wus daar­van dat die wed­stryd teen Ar­gen­ti­nië deur­slag­ge­wend gaan wees. Ons Ed­die Jo­nes en Al­lis­ter Coet­zee gis­ter in Ja­pan.

het t­wee jaar om se­ker te maak ons is reg daar­voor.”

Die an­der span­ne in Groep C sal A­me­ri­ka of Ka­na­da wees, as­ook een van die Suid­see­ei­lan­de: Fidji, Ton­ga of Sa­moa.

Suid­A­fri­ka se mis­oes ver­le­de jaar, wat hom tot se­wen­de op die rang­lys laat uit­sak het, het hom in Groep B saam met Nieu­See­land laat be­land.

Die All Blacks se af­rig­ter, S­te­ve Han­sen, is bly dat daar “uit­da­

gings” in die groep­fa­se vir sy span sal wees.

“Suid­A­fri­ka ken ons goed en ons vir hul­le. Daar is baie ge­skie­de­nis tus­sen ons. Ho­pe­lik sal al­bei span­ne puik rug­by speel en sal dit die toer­nooi baat,” sê Han­sen.

I­ta­lië, wat die Bok­ke ver­le­de jaar in Flo­ren­ce ge­klop het, is ook in dié groep.

Die gas­heer­land, Ja­pan, het in Groep A saam met Ier­land en S­kot­land be­land.

“Hoe­kom is ons nou skie­lik be­kom­merd? Ons was in 2007 saam met En­ge­land in ’n groep ge­loot en het teen hul­le in die eind­stryd ge­speel.

“Nieu-See­land het die toer­nooi nou t­wee keer ag­ter­een­vol­gens ge­wen en hoe­kom kan ons nie teen hul­le in die eind­stryd speel nie?” wou Du Randt weet.

Vol­gens nog een van die Bok­hel­de van 1995 se Wê­reld­be­ker­tri­omf, C­hes­ter Wil­li­ams, sal die stryd tus­sen die Bok­ke en die All Blacks een van die toer­nooi se groot trek­pleis­ters wees.

“Dit help ook dat ons el­ke jaar (in die Rug­by­kam­pi­oen­skap) teen hul­le speel, want dit sal as baie goeie voor­be­rei­ding vir Ja­pan dien,” sê Wil­li­ams.

Al­lis­ter Coet­zee, die Bok-af­rig­ter, het in sy re­ak­sie op die lo­ting ge­sê: “As jy die WB-toer­nooi wil wen, sal jy die bes­te span­ne móét klop.

“Ons werk hard se­dert ons te­rug­keer van 2016 se jaar­eind­toer om se­ker te maak dat die uit­slae vo­ren­toe ver­be­ter, met die WB­toer­nooi ver op die ho­ri­son.

“Die laas­te paar maan­de se rug­by in die Noor­de­li­ke Half­rond het ge­wys die ga­ping tus­sen die voor­ste lan­de het ge­krimp. Daar is min te kies tus­sen hul­le en die span­ne nét on­der hul­le ver­be­ter ook,” het Coet­zee ge­sê.

■ Die toer­nooi be­gin op 20 Sep­tem­ber en duur tot 2 No­vem­ber. ■ S­te­phen Nell, Ti­nus van S­ta­den, Fran­cois de Wet, O­wen Kock en Mar­nus Kok.

Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.