Wê­reld­rug­by knip trek­vo­ëls se vler­ke

Beeld - - Sport -

Dit sal in die toe­koms moei­li­ker vir Suid­A­fri­ka­ners wees om toets­rug­by vir an­der lan­de te speel.

Wê­reld­rug­by het gis­ter aan­ge­kon­dig dat spe­lers in die toe­koms vyf jaar lank on­on­der­bro­ke in ’n aan­ge­no­me land moet bly voor­dat hul­le vir dié land toets­rug­by mag speel. Tans kwa­li­fi­seer hul­le ná drie jaar.

Die nu­we re­ël sal eg­ter eers op 31 De­sem­ber 2020 van krag word.

Die aan­kon­di­ging is ge­doen na­dat Wê­reld­rug­by ’n spe­si­a­le raads­ver­ga­de­ring in Kyo­to, Ja­pan, ge­hou het.

Wê­reld­rug­by sê die nu­we re­gu­la­sie is be­doel om “in­ter­na­si­o­na­le rug­by se in­te­gri­teit en ge­loof­waar­dig­heid te be­skerm”. “Die nu­we re­gu­la­sie, dat ’n spe­ler 60 maan­de in sy aan­ge­no­me land moet bly om te kwa­li­fi­seer, sal ver­se­ker dat die spe­ler ’n ge­loof­waar­di­ge band met dié land het,” lui die ver­kla­ring.

Suid­A­fri­ka­ners soos CJ S­tan­der (Ier­land), Josh S­trauss (S­kot­land), WP Nel (S­kot­land), Ro­ry Kockott en S­cott S­ped­ding (al­bei Frank­ryk) het in die laas­te klom­pie ja­re in­ge­vol­ge die drie­jaar­ver­blyf­re­ël ge­kwa­li­fi­seer om vir aan­ge­no­me Eu­ro­pe­se na­sies uit te draf.

Lan­de mag ook van 1 Ja­nu­a­rie 2018 af nie meer hul na­si­o­na­le o.20­span­ne – soos wat tans die ge­val met die Ju­ni­or S­pring­bok­ke is – be­noem as hul “twee­de ver­teen­woor­di­gen­de span” nie.

Sa­ru sal nou ’n an­der span vir dié doel moet be­noem en hoe­wel ’n amp­te­li­ke be­sluit nog nie ge­neem is nie, word ver­neem dat die SA A­span voort­aan hier­die rol sal ver­vul. As Sa­ru die SA A­span be­noem, sal die spe­lers wat vir hom speel ook nie vir an­der lan­de kan kwa­li­fi­seer nie.

– Ge­or­ge Ger­mis­huys

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.