Ou Ford se wie­le draai voort

Beeld - - Motors -

Gert Al­ber­tyn, B­re­das­dorp

Die ou Ford op die fo­to (Mo­tors, 27.04) is ’n Mo­del A P­ha­e­ton van 1930.

Daar is vier deur­hand­vat­sels, en die seil­kap is af­ge­slaan.

Die Ford-ken­te­ken op sy ver­koe­ler se rand het ’n blou ag­ter­grond. Die eer­ste Mo­del A’s (van 1928 tot 1930) het met dié blou ag­ter­grond op die wa­pen uit­ge­kom. By die Mo­del A’s van 1931 was die “Ford”-be­woor­ding in swart skrif op ’n blink ag­ter­grond van vlek­vrye staal.

Die voor­ste buf­fers van die 1928- en die 1929-mo­del se pun­te was ge­buig, maar die buf­fer op die fo­to skyn reg­uit te wees.

Ook is die ly­ne van die en­jin­kap op die fo­to reg­uit tot teen die voor­ruit.

Die 1928-’29-weer­ga­we se ly­ne is reg­uit tot by die aan­slui­ting by die brand­stof­tenk, wat voor die voor­ruit ge­ïn­stal­leer is.

Die 1928-’29-Mo­del A’s het ook 21-duim-wie­le ge­had, ter­wyl die 1930-’31’s op 19-dui­mers ge­ry het.

Ek kan na­tuur­lik nie die ma­te van die wie­le op die fo­to sien nie, maar die wiel­dop se groot­te dui daar­op dat dit ’n 19-duim­wiel is.

My pa het op 28 Maart 1950, toe ek agt jaar oud was, ’n Ford Mo­del A van 1928 by ’n oom Mos­tert in S­tel­len­bosch vir 50 pond ge­koop.

Op die pon­de was ko­ning Ge­or­ge se kop. Die ou men­se het des­tyds van ko­ning “Ge-Org” ge­praat.

Ons het die Ford ge­bruik om langs die see te gaan ry en te gaan hen­gel. Die mo­tor het by een so ’n hen­gel­ge­leent­heid in die sand vas­ge­val, en die bran­ders het deur haar ge­spoel. Ge­luk­kig het ons haar be­tyds weer Dít is mos nou ’n def­ti­ge (en sta­ti­ge) stel vuur­wa­ens! Links is ’n Ford Mo­del A P­ha­e­ton van 1928 en langs hom ’n klein Ford Mo­del A Ro­ad­ster van 1931.

uit­ge­gra­we en ge­red.

Ek het as seun in die Ford leer be­stuur.

In 2000 het ek die Ford na Da­nie Loub­ser in Her­ma­nus ge­neem waar hy vyf jaar aan die re­stou­ra­sie ge­werk het.

Die mo­tor is prag­tig tot sy vol­le

eer en glo­rie her­stel.

Die Ford is my trots, en ek ge­niet el­ke oom­blik as ek met haar ry. Nie­mand het ge­noeg geld om haar te koop nie. Nee wat, ek sal haar nie eens vir N­kand­la ver­ruil nie.

Hoe klink dít?

Fo­to’s: VER­SKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.