Wrak dié van C­hev van 1954

Beeld - - Motors -

An­ge­li­ka de Kock, Loe­ven­stein

Ver­le­de week het jul­le ge­vra wat­ter mo­tor daar­die wrak in Wil­lis­ton was (04.05). Ek dink dit is ’n Borg­ward I­sa­bel­la.

My pa, Jo­a­chim Hans Rup­pik, het by Borg­ward in B­re­men, Duits­land, ge­werk tot­dat die fa­briek in die 1960’s ban­krot ver­klaar is.

My pa, my ma en ek het in 1963 van Duits­land ver­huis na P­re­to­ria, waar my pa by Bet­ta Cars (’n Borg­ward-a­gent­skap) be­gin werk het.

Braam van Zyl, Moor­rees­burg

Die mo­tor­wrak by Wil­lis­ton is dié van ’n C­hev­ro­let-se­dan van 1954. Die bak­werk van die 1953en die ’54-mo­del was die­self­de, en net die ver­koe­ler­skerms, ag­ter­lig­te en an­der klein din­ge het ef­fens ver­skil.

Die stuk­kie chroom teen die lin­ker­mod­der­skerm voor aan die wrak wys dui­de­lik dit is ’n 1954-mo­del.

In my jong dae, in die 1950’s, was ek ’n po­li­sie­man ver­bon­de aan die blits­pa­trol­lie in Jo­han­nes­burg. Ons het die 1953-mo­del Dié wrak in Wil­lis­ton het le­sers aan die raai. An­ge­li­ka de Kock se ma staan by hul Borg­ward I­sa­bel­la, ie­wers in die 1960’s by die Hart­bees­poort­dam net bui­te P­re­to­ria.

ge­bruik.

Ek het baie dui­sen­de “my­le” met soort­ge­ly­ke mo­tors af­ge­lê.

Ri­aan van Ee­den, Kaap­stad

Dit is ’n C­hev­ro­let 210 van 1954. Die 1953-mo­del het ba­sies die­self­de ge­lyk; maar wat hier­die een uit­ken­baar maak, is die roos­ter­ge­deel­te wat die 1954mo­del s’n is.

Ja­cob le Roux, K­lein­mond

Die mo­tor is ’n 1954-De So­to (’n Chrys­ler-pro­duk).

Op die oog af is dit ’n ef­fens oor­ge­bruik­te mo­tor. Moet lie­wer nie koop nie – hier­die mo­del se naaf­dop­pe is nou skaars.

Piet Mul­ler, Sand­baai

Wat ’n lek­ker­te om na Mo­tors op Don­der­dae uit te sien.

Ek ver­moed die ou mo­tor in Wil­lis­ton is ’n C­hev­ro­let 210vier­deur­se­dan van 1954.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.