Fo­cus wil jon­ges lok met teg­no­slim­mig­heid

Beeld - - Motors - Mo­tor­re­dak­sie

Met slim voet­werk het Ford sy brood-en­bot­ter-mo­del in sy por­te­feul­je, die Fo­cus, nou ve­ral aan­trek­lik ge­maak vir die jong­klomp wat wil hê hul mo­tor moet so flink en vaar­dig soos hul slim­foon wees.

Deur­dat jy nou die nuut­ste foon- en sat­nav-teg­no­lo­gie in jou klein Fo­cus kan kry as jy die S­ty­ling- en die D­ri­ver As­sis­tan­ce-pak­ket by­ko­mend aan­skaf, sorg Ford dat hy self munt slaan uit die tran­sak­sie. Dié teg­no-slim­mig­he­de – wat al wat jong ko­per is, dees­dae in sy voer­tuig wil hê – is nie stan­daard in die Fo­cus­se in­ge­sluit nie. Jy moet ek­stra vir daar­die pak­ket op­dok.

Dit be­te­ken die kon­sep werk am­per soos DStv se ge­wil­de Su­per­rug­by-beeld­sen­dings, wat s­legs in sy duur­ste pro­gram­pak­ket­te in­ge­sluit is.

Wel, vir jou ek­stra ran­de kry jy be­slis waar­de vir jou geld, ve­ral as jy een van die­ge­ne is wat broek­loos voel as hul­le nie hul slim­foon by­der­hand het nie.

S­ty­ling­pak­ket

Soos die naam sug­ge­reer, is hier­die pak­ket die spreek­woor­de­li­ke jel in jou weg­lê-kuif. Jou Fo­cus kry ’n son­dak, gro­ter 17-duim-al­looi­wie­le en buf­fers as­ook kant­spie­ëls wat al­les in die­self­de kleur as jou bak­werk af­ge­werk is.

Jy kry la­e­pro­fiel­ban­de, ter­wyl ’n win­tie druk­vin ag­ter net so­veel hou­ding soos jou Ray-Bans het. Die hoof­lig­te is na ster­ker bi-Xe­non-ti­pe lig­te op­ge­gra­deer, maar die gaaf­ste is dat die lig­te nou ook ’n raps saam met die stuur kan draai as jy om ’n draai ry.

In el­ke ligom­hul­sel is ’n streep LEDlam­pies wat reg­deur die dag skyn. Die kant­spie­ëls is ver­hit­baar in die win­ter om te voor­kom dat dit toe­wa­sem, en dit vou ook plat teen die deu­re as jy die mo­tor sluit.

Sleg­te nuus? Ja, die S­ty­ling-pak­ket is net vir die luik­rug-T­rend-mo­del­le be­skik­baar.

D­ri­ver As­sis­tan­ce­pak­ket

Toe Ford aan­vank­lik dié pak­ket in sy mo­del­reeks be­skik­baar ge­stel het, het dit groot­liks uit teg­no-hulp­mid­dels soos gon­sers en ’n self­par­keer­funk­sie be­staan. Nou sluit dit ’n ver­be­ter­de ra­dio in. Ford noem die stel­sel “Sync”, en ons trek nou by die der­de weer­ga­we hier­van. Dus, as jy die D­ri­ver As­sis­tan­ce­pak­ket op jou ly­sie af­merk, kry jy die jong­ste Sync3-stel­sel wat ’n he­le rits ga­we hulp­mid­dels vir jou in die ka­juit be­te­ken.

Ten eer­ste is die stel­sel se raak­skerm ’n raps gro­ter. Die beel­de en i­ko­ne is ook dui­de­li­ker en mak­li­ker lees­baar in hel­der dag­lig. Die stel­sel se blik­brein, sê Ford, werk nou vin­ni­ger – nut­tig as jy a­dres­se op die sat­na­v­stel­sel soek.

Ja, die Sync3-sto­rie het ’n sat­nav-stel­sel stan­daard in­ge­sluit. Die kaar­te sal el­ke jaar gra­tis op­ge­gra­deer word (vir vyf jaar), en dit sluit ’n lys nuts­diens­te in. Die kaart is in vol­kleur en met ’n drie­di­men­si­o­ne­le beeld.

Jy kan ’n a­dres of ’n plek­naam in­tik, of die a­dres hard­op sê so­dat die blik­brein dit soek. Op die raak­skerm kan jy die kaart soos op jou slim­foon met vin­ger­be­we­gings gro­ter of klei­ner “knyp” of skuif.

Die troef­kaart? Die na­vi­geer­stem praat ook A­fri­kaans.

Pry­se:

S­ty­ling­pak­ket – R19 984; en

D­ri­ver As­sis­tan­ce­pak­ket – R17 089.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.