Met grond­pad van Ke­nia na Jhb in 3 dae

A­fri­ka se straf­ste ren, het die be­mar­kers dit in 1936 be­skryf. In­der­daad, die Gol­den Ju­bi­lee Ro­ad Ra­ce was e­nig in sy soort. Mar­nus Hat­tingh ver­tel meer.

Beeld - - Motors -

In die era toe trans­kon­ti­nen­ta­le ren­ne oor groot af­stan­de op o­pen­ba­re paaie af­ge­han­del is, het Suid-A­fri­ka met sy eie ren van Her­cu­le­aan­se af­me­tings vo­ren­dag ge­kom.

Dit was die jaar 1936 en Jo­han­nes­burg was be­sig om sy ve­re reg te skud vir groot­se vie­rin­ge van sy 50ste be­staans­jaar.

’n Reeks sport­by­een­koms­te is laat in die jaar deur die fees­ko­mi­tee ge­re­ël, maar as deel van die fi­na­le op­bou tot die groot vie­rin­ge is be­sluit om ’n e­pie­se mo­tor­ren te hou wat in Jo­han­nes­burg sou ein­dig.

Die ren sou ge­noeg pu­bli­si­teit in die koe­ran­te ge­ne­reer om die laas­te fees­vie­rin­ge goeie pu­bli­si­teit te bied, is ge­re­de­neer.

Lang­af­stand­ren­ne was des­tyds baie ge­wild. Doel­ge­bou­de ren­ba­ne was e­ner­syds nog skaars, maar an­der­syds was die mo­tors ook nog nie so vin­nig soos van­dag se ry­goed nie, wat die po­ten­si­ë­le ge­va­re in ’n ma­te min­der ge­maak het.

In I­ta­lië was die Mil­le Mig­lia (Dui­send Myl) reg rond­om die land al ’n in­stel­ling, ter­wyl Si­ci­lië se Tar­ga Flo­rio (rond­om die ei­land) ook al am­per 30 jaar ag­ter­een­vol­gens aan­ge­bied is.

Die Rand­se or­ga­ni­seer­ders het der­hal­we ’n at­las na­der ge­trek en be­sef dat B­rit­se ko­lo­nies on­on­der­bro­ke van die Kaap af tot by die e­we­naar strek. Die gren­se was dus min, en die in­wo­ners vrien­de­lik.

’n Roe­te is toe van Nai­ro­bi in Ke­nia na Jo­han­nes­burg vas­ge­stel – ’n mas­sie­we af­stand van 2 732 myl, of dan 4 400 km in van­dag se taal.

For­me­le paaie soos ons dit van­dag ken, was des­tyds na­tuur­lik on­be­kend. Die roe­te wat die ja­ers sou moes volg, was meest­al grond­paaie wat al langs die spoor­weg tus­sen die ko­lo­nies ge­loop het.

Rof­weg sou die ja­ers van Ke­nia af na Tan­za­nië, Blan­ty­re in Ma­la­wi, Te­te in Mo­sam­biek en dan af na Sa­lis­bu­ry in R­ho­de­sië moes ry al­vo­rens hul­le via Mes­si­na en Pie­ters­burg na Jo­han­nes­burg koers sou kies.

Op die og­gend van Maan­dag 26 Ok­to­ber 1936 het 42 mo­tors toe in Nai­ro­bi weg­ge­spring vir hul lang, moor­den­de tog na die Rand.

Die er­va­rings wat langs die pad op­ge­doen is, was iets wat van­dag moei­lik in te dink is. Som­mi­ge ja­ers het teen wil­de die­re vas­ge­ry, soos ’n lui­perd en ka­meel­per­de. Deel­ne­mers moes ook hout­brûe, be­staan­de uit pa­le wat met bas vas­ge­bind is, oor breë ri­vie­re oor­steek.

Koe­ran­te is op die hoog­te van die voor­ste ja­ers se vor­de­ring ge­hou deur ’n daag­lik­se te­le­gram­bood­skap. Kort bood­skap­pe van die ja­ers se vor­de­ring is ook by die fees­ter­rein in Jo­han­nes­burg op ’n groot e­lek­tro­nie­se bord ge­wys.

’n Lig­te vlieg­tuig het al bo­kant die mo­tors ty­dens die ren ge­vlieg. Maar som­mi­ge be­rig­te het ge­sê dat die mo­tors so vin­nig oor die oop paaie ge­jaag het, dat die vlieg­tuig ge­suk­kel het om by te hou!

’n Chrys­ler Ai­rflow met A.S. du Toit en I. Ro­sen as deel­ne­mers ’n Ke­ni­aan­se dag­blad kon­dig die groot ren na Suid­A­fri­ka op sy voor­blad aan. Die ren is des­tyds as deel van Jo­han­nes­burg se 50­jaar­ge­denk­fees­vie­rin­ge ge­hou. het die ren van die weg­spring af oor­heers. ’n Uur of wat ag­ter hul­le was die Ter­rap­la­ne van F. Hop­ley en C. En­gel­brecht, t­wee vrien­de van Ke­nia, en kort op húl hak­ke die Ford V8 van die Jo­han­nes­bur­gers A. We­st­cob en J. Bro­de­rick.

Du Toit-hul­le se ge­luks­go­din het eg­ter kort na­dat hul­le deur Pie­ters­burg is, die wyk ge­neem toe hul Chrys­ler se si­lin­der­blok ge­bars het.

Dit het aan die Ter­rap­la­ne die kans ge­bied om die voor­tou te neem, met die Jo­han­nes­burg­se Ford net mi­nu­te ag­ter hul­le.

Op Woens­dag 28 Ok­to­ber, om 22:14 die aand, het die Ke­ni­aan­se duo van Hop­ley en En­gel­brecht eer­ste oor die wen­streep by Aas­vo­ël­kop net bui­te Jo­han­nes­burg ge­ry en die ste­wi­ge som van £850 as eer­ste prys ont­vang.

Die Jo­han­nes­burg­se twee­tal was s­legs 12 mi­nu­te ná hul­le by die wen­paal.

Dit het die wen­ners min­der as drie dae ge­neem teen ’n ge­mid­del­de spoed van 74 km/h om die moor­den­de roe­te op by­kans nie­be­staan­de paaie af te lê.

Vir dae daar­na het die res van die deel­ne­mers by Jo­han­nes­burg aan­ge­kom, elk­een met sy eie ver­ha­le van ont­be­ring. Een per­soon is in ’n on­ge­luk dood. Plaas­li­ke in­wo­ners is ook raak­ge­ry.

Een van die deel­ne­mers het vroeg al in Tan­za­nië met net een lig deur die eer­ste nag ge­jaag. Om be­ter te kan sien, het hul­le ’n an­der mo­tor kort op sy hak­ke ge­volg. Maar steeds het hul­le om ’n draai ’n kort boom­stomp mis­ge­kyk en hul voor­as mors­af ge­ry.

’n An­der mo­tor het la­ter die aand langs hul­le stil­ge­hou en ’n ek­stra as aan hul­le ge­skenk. Maar steeds het dit hul­le we­ke ge­neem om Jo­han­nes­burg te haal. Trou­ens, teen die tyd dat hul­le ’n maand la­ter in die Goud­stad aan­ge­kom het, was hul­le al amp­te­lik as “ver­mis” ge­klas­si­fi­seer.

Van die 42 voer­tuie wat in­ge­skryf is, was net t­wee nié van A­me­ri­kaan­se oor­sprong nie. Een hier­van was ’n groot Bent­ley Su­per­char­ged, maar dié kon net 300 km in die A­fri­ka-son en stof af­lê voor­dat sy ver­koe­ler en pe­trol­pomp in­ge­gee het.

Die an­der nie-A­me­ri­kaan­se in­skry­wing was ’n S­ko­da met ’n 6 kW-en­jin­tjie. Hy het die ren heel­huids vol­tooi, al was dit 87 uur la­ter.

Ná die ren was die op­ge­won­den­heid on­der deel­ne­mers en en­toe­si­as­te groot. Dit kon ’n ge­reel­de by­een­koms word; die straf­ste ren op aar­de.

Maar die Twee­de Wê­reld­oor­log het kort daar­na uit­ge­breek waar­na plan­ne vir so ’n mas­sie­we ren nooit weer ter ta­fel ge­lê is nie.

Van­dag het ons die jaar­lik­se Da­kar-ren, wat straks die naas­te aan so ’n trans­kon­ti­nen­ta­le by­een­koms is. Maar dit ge­skied oor skof­te, met rus­kans vir die ja­ers en her­stel­kans vir die voer­tuie.

Wat be­te­ken die G­re­at Ju­bi­lee Ro­ad Ra­ce van ’36 was dalk ons eer­ste, laas­te en rof­ste ren tot nog toe.

Som­mi­ge ja­ers het teen wil­de die­re vas­ge­ry, soos ’n lui­perd en ka­meel­per­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.