Re­kords tui­mel in ge­wil­de Si­mo­la­ren

Beeld - - Motors - Mo­tor­re­dak­sie

Die Nis­san GT-R het Son­dag op meer as een ma­nier ko­ning ge­kraai toe die jaar­lik­se Si­mo­la­heu­wel­ren by Knys­na aan­ge­bied is.

Die vin­nig­ste mo­tor van on­der tot bo was eg­ter die F1-Dal­la­ra F189 van 1989 waar­mee An­dré Be­zui­den­hout die vo­ri­ge re­kord met by­kans ’n se­kon­de tot 37.695 se­kon­des ver­be­ter het.

Wil­helm Baard van P­re­to­ria, wat sy brood en bot­ter as in­ter­na­si­o­na­le toets­be­stuur­der vir Nis­san GT-R ver­dien, het met sy Nis­san GT-R R35 van 2014 in die klas vir om­ge­bou­de se­dan­mo­tors in ’n tyd van 39.892 se­kon­des ge­wen. Hy het so­doen­de die eer­ste keer deur die 40-se­kon­de-g­rens ge­breek.

In die af­de­ling vir pad- en su­per­mo­tors was nóg ’n GT-R eer­ste Reg­hardt Roets met sy eer­ste pro­beer­slag in Knys­na die roe­te oor 1,9 km in 43.955 se­kon­des ge­wen het.

Die “Ko­ning van die heu­wel”-wen­tye in ál drie hier­die klas­se is re­kords.

■ In die Suid-A­fri­kaan­se veld­ren­reeks, waar­in die voor­ste deel­ne­mers in Da­kar-ge­spe­si­fi­seer­de mo­tors jaag, is ál die aan­dag hier­die na­week op die ou slag­veld-om­ge­wing na­by Dun­dee in K­waZu­lu-Na­tal, waar ’n nu­we oor­log tus­sen die on­der­skeie deel­ne­mers in die af­de­lings vir mo­tors en mo­tor­fiet­se saam op die­self­de roe­te (maar op ver­skil­len­de tye) sal woed.

Die mo­tor­fiets- en die An­dré Be­zui­den­hout in sy Dal­la­ra van 1989 het die vin­nig­ste tyd teen die bult­jie uit op­ge­stel. Maar dit was da­rem ’n F1­mo­tor.

vier­wiel­mo­tor­fiets­ja­ers pak die roe­te oor 400 km Vry­dag­og­gend ná die voor­ren oor 100 km waar­in die weg­spring­po­si­sies be­paal word.

Die hoofren be­gin om 10:00, met ja­ers soos Ross Branch (KTM), die guns­te­ling in die oop klas, en B­rett S­wa­ne­poel (Husq­var­na), die voor­ja­er in die OR2-klas vir 250 cc-mo­tor­fiet­se.

Ky­le Fla­na­gan (OR3) het her­stel van ’n o­pe­ra­sie ná ’n on­ge­luk in ’n uit­hou­ren in Roe­me­nië en is reg om sy voor­sprong

in die OR3-klas vir 200 cc-mo­tor­fiet­se te ver­de­dig.

Die voor­ja­ers in die klas­se vir se­ni­ors (Bol­lie van Rooy­en, KTM) en mees­ters (Pie­ter Holl, KTM), die ho­ër­skool­klas (S­te­fan van De­ven­ter, Ya­maha) en die ver­skil­len­de vier­wiel­mo­tor­fiets­klas­se sal weer uit­haal so goed hul­le kan om eer­ste by die ge­rui­te vlag ver­by te jaag.

By die mo­tors kom Toyo­ta (Leeroy Poul­ter en Rob Ho­wie; Gi­niel de Vil­liers en Den­nis Murp­hy) Sa­ter­dag in die FIADa­kar-klas

teen nu­we in­skry­wings van Nis­san en ’n nu­we Re­nault Dus­ter in die han­de van Jo­han van S­ta­den en Mi­ke La­wrenson te staan. In klas T vir “ge­wo­ne” veld­ren­bak­kies sal die stryd tus­sen Toyo­ta se Hi­lux, Ford se Ran­ger en Volks­wa­gen se A­ma­rok woed.

’n In­ter­na­si­o­na­le span met Es­sa Al­dos­sa­ry van Sa­oe­di-Ara­bië en Ali O­baid van Du­bai in die ka­juit van ’n Nis­san Na­va­ra sal ook ’n be­drei­ging vir die voor­ja­ers in­hou.

Des Gut­zeit draai die kra­ne oop in sy Nis­san Sky­li­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.