Hy­gend hert! Wat word dié bok ge­noem?

Beeld - - Voorblad -

’n Valk van 315 kg is een jag­ter se droom. Die Ark­tie­se ster­re­tjie sal wrag­gies nie in die lug kom nou­dat hy 125 kg weeg nie.

Ook ’n i­beks van die Al­pe wat nou in die Na­ma-Ka­roo rond­loop, laat Pick n Pay-klan­te kop­krap.

’n He­le klomp fou­te het al aan die lig ge­kom op die Su­per A­ni­mals-kaar­te wat die win­kel­groep aan klan­te bied.

Oor die Ark­tie­se ster­re­tjie sê Pe­ter Mey­er op SA Jag­ters Bloem­fon­tein se Fa­ce­book-blad: “Dit is net-net gro­ter as ’n vol­struis.”

Op een van die kaar­te staan die ge­wo­ne valk weeg 315 kg.

“Ek gaan eer­der van­jaar die valk jag, dan kry ek meer waar­de vir geld as om ’n e­land te jag,” sê S.F. Nau­dé.

Andrew P­re­to­ri­us van Pick n Pay se be­mar­kings­af­de­ling sê hul­le is jam­mer vir die “paar fou­te wat in­ge­sluip” het.

“Ons klan­te is mal oor ons Su­per A­ni­mal-ver­sa­me­ling. Ons is be­sig om met ons klan­te op so­si­a­le me­dia plat­forms oor die fou­te op die kaar­te te kom­mu­ni­keer en het hul­le laat weet dat kor­rek­te kaar­te bin­ne­kort in ons win­kels te kry sal wees.”

Ver­sa­me­laars kan hul fou­tie­we kaar­te gra­tis in die win­kels met kor­rek­te kaar­te ver­vang.

“Of hul­le kan ons op Fa­ce­book kon­tak en ons sal die kor­rek­te kaar­te by hul­le laat af­le­wer.”

’n Pak van vier kaar­te word nor­maal­weg ge­gee aan el­ke klant wat R150 in ’n Pick n Pa­y­win­kel be­stee.

Dié kaart lui dat dit ’n nja­la is, maar dit is vol­gens SA Jag­ters ’n berg­n­ja­la wat in Ke­nia voor­kom.

Die Ark­tie­se ster­re­tjie vlieg vol­gens Pick n Pay se Su­per A­ni­mals­kaar­te, al weeg hy 125 kg.

Dié kaart lui dat die valk 315 kg weeg.

Dié “steen­bok” kom in die Al­pe voor, nie in die Na­ma­Ka­roo nie.

Fo­to’s: FA­CE­BOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.