Trump pos FBI se di­rek­teur: ‘Is dit ’n grap?’

Beeld - - Wêreld­beeld -

“Is hy af­ge­dank? Jy maak ’n grap. Jy maak ’n grap.”

Dit was gis­ter Ser­gei La­wrof, Rus­sie­se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke, se sar­kas­tie­se re­ak­sie op die af­dan­king van Ja­mes Co­mey as di­rek­teur van die FBI.

Die FBI on­der­soek die be­weer­de Rus­sie­se in­men­ging in die A­me­ri­kaan­se pre­si­dents­ver­kie­sing van ver­le­de jaar en die moont­lik­heid dat me­de­wer­kers van pres. Do­nald Trump met Mo­s­kou saam­ge­span het.

Trump se be­sluit om Co­mey af te dank het ’n storm van kri­tiek on­der De­mo­kra­te ont­lok wat sê Trump pro­beer die FBI-on­der­soek in die kiem smoor. Selfs som­mi­ge Re­pu­bli­kei­ne het die tyds­be­re­ke­ning daar­van be­vraag­te­ken.

Wit­huis-amp­te­na­re ont­ken Trump het dit om po­li­tie­ke re­des ge­doen.

La­wrof het gis­ter met Rex Til­ler­son, sy A­me­ri­kaan­se amps­ge­noot, by bui­te­land­se sa­ke in Washing­ton ver­ga­der voor­dat hy na die Wit­huis is vir sa­me­spre­kings met Trump.

Die pre­si­dent het gis­ter ge­twiet: “Co­mey het die ver­troue van by­na al­mal in Washing­ton, Re­pu­bli­kei­ne en De­mo­kra­te, ver­loor. Wan­neer din­ge ge­kal­meer het, sal hul­le vir my dan­kie sê.” Sy ad­mi­nis­tra­sie het vroe­ër ge­sê Co­mey is ge­pos weens sy han­te­ring van die FBI-on­der­soek in die ver­kie­sings­jaar na Hil­la­ry C­lin­ton, die De­mo­kra­te se pre­si­dent s kan­di­daat, se ge­bruik van’ n pri­va­te e-pos be­die­ner toe sy nog mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke was.

Op die vraag of Trump Co­mey weens sy han­te­ring van die Rus­land-on­der­soek af­ge­dank het, het Sa­rah Hucka­bee, Wit­huis-woord­voer­der, nee ge­sê. “Om die waar­heid te sê, as dit voort­gaan, sal dit voort­gaan of Jim Co­mey nou daar is of nie,” het sy aan MSNBC ge­sê.

Fo­to: AP

Ja­mes Co­mey

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.