‘Dooie’ suk­kel met ID­nom­mer

Beeld - - Voorblad - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Hy is spring­le­wen­dig, maar sy naam- en ID-nom­mer-ge­noot is al ’n ruk lank dood en nou wil sy wan­trou­i­ge bank sy re­ke­ning be­vries en bin­ne­land­se sa­ke wil hom op­saal met ’n nu­we ID-nom­mer.

Hen­drik van Nie­kerk (66) van P­rim­ro­se, Ger­mis­ton, wat buik­spre­ke­ry as stok­perd­jie be­oe­fen, sê vol­gens sy bank is hy al in 2012 dood.

Se­dert Hen­drik van Nie­kerk van die Paarl in om­streeks 2005 die­self­de ID-nom­mer as hy ge­kry het, is dit “een groot ge­mors”. Toe gaan Hen­drik van die Paarl in 2012 dood en die ge­suk­kel ver­er­ger net.

Vol­gens Hen­drik van Ger­mis­ton het hy 23 jaar lank vir Old Mu­tu­al ge­werk toe dié in­stel­ling “s­kie­lik” in 2012 sy pen­si­oen­uit­be­ta­lings stop.

Dit is da­rem op­ge­los en hy kon ’n paar dae la­ter weer sy pen­si­oen kry.

Hy wou “so ses of agt maan­de ge­le­de” geld by ’n bank in Boks­burg ont­trek, maar die kas­sier wou nie die geld gee nie. Nóg ’n ge­suk­kel het ge­volg tot­dat die bank la­ter die geld “da­rem uit­be­taal het”.

Nou wil die bank weer sy re­ke­ning be­vries, maar hy pro­beer dit nog met ’n bank­baas uit­sor­teer.

Van Nie­kerk sê die wa­re pro­bleem gaan kom wan­neer hy reg­tig dood is.

“Hoe gaan my ge­sin my reg­te dood dán be­wys?”

Tal­le e-pos­se is al tus­sen Van Nie­kerk en die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke ver­wis­sel. Hy was nie ge­neë met die de­par­te­ment se voor­stel dat hy ’n nu­we ID-nom­mer kry nie.

Van Nie­kerk het eer­ste die ID-nom­mer ge­had en was weens die bu­ro­kra­tie­se romp­slomp nie be­reid om dit prys te gee nie.

Wen­dy Mor­gan, DA-wyks­raads­lid van E­kur­hu­le­ni, sê sy gaan van­dag saam met Van Nie­kerk na die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke in Be­no­ni om te kyk of hul­le te­rug­voe­ring kan kry.

Die de­par­te­ment het in Ok­to­ber 2013 per e-pos aan Van Nie­kerk ge­sê hy moet hul naas­te tak be­soek om die pro­bleem op te los.

Die de­par­te­ment het ge­sê hy kan nie waar­borg dat hy sy ID­nom­mer sal be­hou nie “om­dat dit ge­du­pli­seer is met die oor­le­de per­soon se ID-nom­mer”.

’n Ver­wy­sings­nom­mer is na hom ge­stuur. Se­dert­dien was daar an­der ver­wy­sings­nom­mers.

Op 11 Ok­to­ber 2016 het Li­nah Di­go­mo, k­lerk vir die op­los­sing van ge­val­le by bin­ne­land­se sa­ke se kontaksentrum, in ’n e-pos aan Van Nie­kerk ge­sê “hoof­kan­toor is steeds be­sig met die on­der­soek”.

“Ons ver­soek dat u op­volg met ons in twee we­ke.”

Van Nie­kerk het in De­sem­ber ver­le­de jaar die vorm in­ge­vul om af­stand te doen van sy ID-nom­mer. Die nu­we nom­mer sou “bin­ne drie dae” uit­ge­reik word. Hy wag steeds.

Van Nie­kerk het op 31 Ok­to­ber 2016 aan bin­ne­land­se sa­ke ge­sê hy wag vir die de­par­te­ment se “on­der­soe­ke” om af­ge­han­del te word en dat hy sy nu­we ID-nom­mer kan kry.

“Ek wil nie nog so­wat 12 jaar wag vir on­der­soe­ke om af­ge­han­del te word nie,” het sy e-pos ge­lui.

El­ma­rie de Ko­ker, se­ni­or ad­mi­nis­tra­tie­we be­amp­te van bin­ne­land­se sa­ke, het in re­ak­sie daar­op per e-pos ge­skryf sy het vroe­ër dui­de­lik ge­sê hy moet ’n ver­kla­ring by die po­li­sie af­lê waar­in hy af­stand doen van sy ID-nom­mer.

Dit moet aan haar ge­faks word voor­dat sy ’n nu­we ID­nom­mer aan hom kan toe­ken.

Beeld het skrif­te­li­ke na­vrae by die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke in­ge­dien.

Hen­drik van Nie­kerk (66) van P­rim­ro­se, Ger­mis­ton, met B­ri­an, een van sy buik­spreek­pop­pe. Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.