TV­li­sen­sie vir jou sel? Nie so vin­nig nie!

Beeld - - Voorblad - Ja­son Fe­lix

TV-li­sen­sies vir re­ke­naars, sel­fo­ne en ta­blet­te?

Nie as die DA sy sin kry nie. P­hum­zi­le van Dam­me, DA-LP en par­ty­woord­voer­der oor kom­mu­ni­ka­sie, het gis­ter ge­sê die par­ty sal al­les in sy ver­moë doen om dié voor­stel­le van die plat­sak SAUK in die kiem te smoor.

Ja­mes A­gu­ma, uit­voe­ren­de hoof van die SAUK, het Woens­dag in die par­le­ment ge­sê die SAUK moet meer kyk­toe­stel­le by die Uit­saai­wet in­sluit so­dat men­se ook TV-li­sen­sies vir al­ler­han­de toe­stel­le en ka­toe­ters sal be­no­dig.

“Die SAUK be­plan om dit reg te kry deur die Uit­saai­wet te ver­an­der. Sy plan is om die de­fi­ni­sie van ’n toe­stel te ver­an­der,” sê Van Dam­me.

Tans word ’n TV-li­sen­sie be­no­dig vir toe­stel­le wat ’n TV­sein kan ont­vang.

“Die uit­saai­er moet eer­der sy tyd ge­bruik om in­no­ve­ren­de plan­ne te be­raam om geld in te sa­mel. Dit is moont­lik vir die SAUK om kop bo wa­ter te hou son­der om die be­las­ting­be­ta­ler, wat reeds oor­laai is, se hulp te vra,” sê Van Dam­me.

“Die SAUK is in fi­nan­si­ë­le moei­lik­heid; nie om­dat hy nie ge­noeg geld het nie, maar weens kor­rup­sie, fi­nan­si­ë­le wan­be­stuur en ’n af­na­me in ad­ver­ten­sie-in­kom­ste. Die pu­bliek hoef nie vir die SAUK se son­des te be­taal deur ver­hoog­de li­sen­sie­geld nie.”

Geen ANC-LP het op ver­soe­ke om kom­men­taar ge­re­a­geer nie, ook nie die voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re komitee oor kom­mu­ni­ka­sie nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.