Staal Bur­ger her­leef op ’n klomp sta­sies

Des­tyd­se reeks kry ’n nu­we stem of wat

Beeld - - Voorblad - AJ Op­per­man

Staal Bur­ger is in Au­gus­tus weer op die lug en dié keer op ver­skeie ra­di­o­sta­sies.

’n Mens kan om meer as een re­de sê dit is ’n Staal Bur­ger vir ’n nu­we ge­slag. Daan Re­tief, wat die rol van Staal Bur­ger ver­tolk het, se seun, An­dré, ver­tolk die rol nou. An­dré en Frans Rau­ten­bach, seun van Fa­nus Rau­ten­bach, wat die ka­rak­ter ge­skep het, het ko­pie­reg hier­op. Frans is ’n pro­ku­reur in Kaap­stad.

An­dré en die om­roe­per Mar­tin Jan­sen het on­ge­veer twee jaar ge­le­de be­gin praat oor die moont­lik­heid daar­van om die ka­rak­ter te laat her­leef.

“En toe sien ons daar is ’n hel­se klomp men­se wat dit nog ont­hou. Toe dink ek so ’n groep ka­rak­ters soos wat daar ge­skep is, is so u­niek en lek­ker. Ons gaan dit ef­fens mo­der­ni­seer, maar ook nie die wiel her­ont­werp nie, want al­les werk so lek­ker wat die di­a­loog be­tref.”

Agt ka­rak­ters tree in el­ke e­pi­so­de op.

Die pro­duk­sie het ’n kon­trak met A­friForum, wat dit borg, vir 26 e­pi­so­des van ’n half­uur elk. Dit gaan uit­ge­saai word op streek­ra­di­o­sta­sies wat daar­in be­lang­stel.

“Die ka­rak­ter het in 1961 aan die pu­bliek be­kend ge­raak,” sê An­dré. “So­ver ek ont­hou, was dit eer­ste op die ra­dio. Fa­nus het die eer­ste sto­ries vir ra­dio be­gin skryf. Kort daar­na het die boe­ke be­gin ver­skyn, want hy het so baie van die ka­rak­ter ge­hou.

“Ons be­gin dit nou op­neem en dit word in Au­gus­tus uit­ge­saai. Ons het ’n lood­se­pi­so­de op­ge­neem wat nie die lig gaan sien

nie, maar dit was so half om die ge­voel te kry en het be­trek­king ge­had op die borg­skap­pe.”

An­dré en Frans het ook in die be­dryf groot­ge­word dank­sy hul pa’s se be­roep. An­dré het as kind ook ’n paar Staal Bur­ger­op­na­mes

by­ge­woon.

“Daar is ’n ti­pe sim­pel­geit, kwink­slae en ’n spel met woor­de. Dit gaan pre­sies die­self­de soort Staal Bur­ger wees.

“Ge­luk­kig sê die men­se wat na die lood­se­pi­so­de ge­luis­ter het

ek klink nes my pa. So ons hoop maar dit werk. Die an­der ka­rak­ters is ook baie na­by aan die oor­spronk­li­ke klank.”

Die rol­ver­de­ling be­staan uit Lo­ch­ner de Kock, wat Koos, ’n ver­keers­in­spek­teur, ver­tolk, die

Ons gaan dit ef­fens mo­der­ni­seer.

— AN­DRÉ RE­TIEF

ka­rak­ter “wat hoog­dra­wend, aan­me­kaar praat”.

An­ton Dek­ker is ge­vra om die boef te speel. Met die don­ker stem soos Pie­ter Hau­pt­fleis­ch dit des­tyds ge­doen het.

An­dré S­tolz gaan Wil­lem, Staal se hand­lan­ger, speel.

Roelf van Jaars­veld, die e­nig­ste oor­le­wen­de lid van die oor­spronk­li­ke Staal Bur­ger-span,

is weer be­trok­ke.

An­dré Re­tief se vrou, Ka­rin, en sy dog­ter, Da­niel­le, ver­tolk ook rol­le.

“Toe my kin­ders klein was, het ek vir hul­le s­tuk­kies daar­van wat ek in die han­de kon kry, ge­speel. Hul­le was mal daar­oor. Ons doen hier­die pro­duk­sie ter ere van Fa­nus en my pa.”

Die nu­we span. Voor sit And­re­as Jor­daan (dom boef), Da­niel­le Re­tief (Doe­die), An­dré Re­tief (Staal) en Ka­rin Re­tief (Da­da). Ag­ter staan An­dré du Toit (klank en byklan­ke), An­ton Dek­ker (slim boef), Lo­ch­ner de Kock (Koos), An­dré S­tolz (Wil­lem) en Mar­tin Jan­sen (ver­tel­ler).

Die oor­spronk­li­ke span van Staal Bur­ger. Voor is An­net­te Bar­nard (Doe­die), Daan Re­tief (Staal), Miems de Bruyn (Da­da) en Nic S­wa­ne­poel (re­gis­seur). In die mid­del staan Jan Pohl (Wil­lem), Pie­ter Hau­pt­fleis­ch (slim boef), Fa­nus Rau­ten­bach (ver­tel­ler), Lou­rens S­chultz (oom Zak), Mi­ke Hei­ne (Koos) en Jan B­riel (dom boef). Ag­ter is Roelf van Jaars­veld (klank en byklan­ke).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.