John­ny ís dood en Koos is nog kwaad

Koos Kom­buis praat oor die “don­ker tyd” van Vo­ël­vry en sê hy gaan nie die fliek John­ny is nie dood nie kyk nie.

Beeld - - Voorblad - Oop Kaar­te Mur­ray La Vi­ta

Die stil buurt waar ons Koos Kom­buis aan­tref, her­in­ner aan die op­set waar­in ’n groep vrien­de in die rol­prent John­ny is nie dood nie ’n re­ü­nie hou en on­der meer op hul le­we as jong men­se ty­dens die Vo­ël­vry-era in die laat 1980’s te­rug­kyk. Dit is 2002 en Ker­kor­rel (Ralph Rabie) het pas sy eie le­we ge­neem.

Koos neem ons na ’n boon­ste ver­trek in sy dub­bel­ver­die­ping­huis in So­mer­set-Wes en maak ver­sko­ning: “Dis baie vuil hier­bo, my kin­ders het die na­week ge­par­ty.”

Hy gaan sit op ’n bank on­der ’n Mic­key Mou­se-plak­kaat. Ons ge­sprek be­gin by die hoog aan­ge­pre­se John­ny is nie dood nie, wat ver­le­de week uit­ge­reik is. Koos sê hy wil dit nie sien nie.

“Die film be­te­ken vir my baie, want hul­le ge­bruik ons fa­vou­ri­te weer­ga­we van ‘John­ny is nie dood nie’ op my Bloed­ri­vier-al­bum. Toe ek daai song re­cord het, het ek dit, son­der om sy naam te noem, aan Ker­kor­rel op­ge­dra in so ’n ge­dig­gie wat ek voor­af sê. Ek is vrees­lik bly hul­le het die lied­jie ge­bruik.

“En jy moet tog sê ek is vrees­lik bly oor die po­si­tie­we re­sen­sies . . . Die ding dat ek nie die mo­vie gaan kyk het nie, is nie om­dat ek dit boi­kot of e­ni­ge kwa­de ge­voe­lens het of so nie; ek is ful­ly aan hul­le kant . . . Dis héél­te­mal per­soon­li­ke re­des. Ek gaan dit waar­skyn­lik nooit kyk nie.

“Ek het selfs die boek, die o­ri­gi­nal dra­ma (van Ma­lan S­teyn, waar­op die rol­prent ge­grond is), wat ek nog nie ge­lees het nie, op my rak.”

Ek vra hom uit oor die ont­staans­ge­skie­de­nis van sy lied “John­ny is nie dood nie”. “John­ny was Va­li­ant Swart se eer­ste of twee­de trom­spe­ler. Dit was vróég in hul­le ge­skie­de­nis; Va­li­ant was nog nie so fa­mous nie. En ek het John­ny ’n maand voor sy dood toe­val­lig nog­al goed leer ken; ek het hom el­ke dag ge­sien.”

Wan­neer was dit?

“Daar was mos nie ja­re daai tyd nie. Ek het nie ’n clue nie; dit was se­ker maar in die ni­ne­ties. Ek kan nie eens vir jou sê of dit voor of ná Vo­ël­vry was nie; vir my is al­les net een kon­ti­nuum, my me­mo­ry is go­ne. Ek het ge­weet my me­mo­ry gaan weg­raak en ek het ge­weet ek moet al­les neer­skryf

voor ek dit al­les ver­geet en ek hét dit ge­luk­kig nou al­les ver­geet.”

Hy staan op en gaan haal ’n ek­sem­plaar van die boek Short D­ri­ve to F­ree­dom: A Per­so­nal Per­specti­ve on the A­fri­kaans Rock Re­bel­li­on, wat in A­fri­kaans as Die tyd van die kom­bi’s ver­skyn het.

Dan her­vat hy die John­ny-sto­rie. “Ek ont­hou hy het ’n Volk­sie ge­had wat nie al­tyd wou start nie. Ek ont­hou daai og­gend het ek hom nog aan die brand help stoot in Bi­rd­straat. Hy het daar weg­ge­ry saam met S­tu­art, so ’n mal kuns­te­naar-ou, en sy gi­r­lf­riend.

“Hul­le was ver­slaaf aan Man­drax; hul­le het toe gaan sco­re. Toe kom hy nie te­rug nie. Ek het nog met ’n an­der gi­rl vir hom gaan soek by sy flat, maar daar was geen ant­woord nie. Ons het toe nie ge­weet hy is al dood nie.

“Hul­le het op pad te­rug van Ka­ya­man­di, of waar­heen hul­le ook al ge­gaan het, op die trein­spoor gaan staan en die kar het ge­vrek en die t­rein het aan­ge­kom en daar was nie tyd om uit te spring nie.

“So die t­rein het hul­le ge­skep; kon nie da­de­lik stop nie; kon eers stop by die sta­sie waar al die com­mu­ters staan . . . Hier daag die t­rein op met ’n

kar op sy neus met drie ly­ke in. Dit was hor­ri­fic.

“Hy het ’n week voor die tyd van sy son­gs vir my ge­bring. Ek het daar­van ge­hou, maar ek het dit toe ver­loor ie­wers. Ek was móér­se ge­ratt­le en ek pro­beer toe sy son­gs ont­hou en ek skryf toe iets in sy styl net om te de­al met sy dood. Toe skryf ek ‘John­ny is nie dood nie’ se ly­ri­cs.

“En ek sit nou met die pa­pier­tjie en toe dog ek ek wil nou ’n tu­ne kry vir dit, maar ag . . . ek sit ’n maand lank en ek kry nie ’n tu­ne nie. Ek soek al hier­die sad tu­nes om­dat dit mos nou ’n sad tu­ne is.”

Toe droom hy van John­ny. “F*k, dit was ’n mooi droom; dit was báie re­a­lis­ties. Hy staan daar en hy sê: ‘Koos, ek hoor jy’t vir my ’n song ge­skryf?’ Ek sê: ‘Ja, John­ny, maar ek kry nie ’n tu­ne nie.’ John­ny sê: ‘Koos, ek wil net vir jou een ding sê: Daai song moet rock, ek soek nie sta­di­ge mu­siek nie.’

“Toe skryf ek ’n rock-tu­ne en daar werk dit.” Hy lag.

“Die song is die eer­ste keer re­cord in ’95, so dit was ná die Vo­ël­vry-tyd. Vo­ël­vry was ’89. Dit was daai deur­me­kaar­tyd ná Vo­ël­vry toe my me­mo­ry op sy sleg­ste was. Ek noem dit die wil­der­ness y­e­ars. Níks is chro­no­lo­gies nie; dis net hier­die . . . Ons het net ge­toer; met ’n kom­bi ge­ry deur die land, op en af. Dit was ’n f*k­ken don­ker tyd!” Hy blaas sy a­sem hard uit. “Van voor Vo­ël­vry af tot ek d­rugs be­gin los het. Dít is hoe­kom ek die fliek nie kan kyk nie, I’ve been t­he­re

. . . Daai goed wat hul­le in die fliek uit­beeld – ek het dit ge­leef.

“Ek is só oor dit, ek wil nie daar­aan dink nie. Ek is op die oom­blik in­cre­di­bly straig­ht en baie soet. Ek is ’n ge­sins­man, w­ha­te­ver. Ek vat my kin­ders skool toe. Ek speel net nie gholf nie.”

Koos meen dit is be­lang­rik om in iets te glo. Hy be­skryf hom­self as ’n ge­lo­wi­ge a­te­ïs. “Hier­die du­des, hier­die ka­lan­te wat in daai mo­vie is, het een of an­der ge­loof no­dig om hul­le uit die dol­drums te kry. Ek het op die ou end be­sluit dis nie waar­in jy glo wat be­lang­rik is nie, dis die kwa­li­teit van jou ge­loof.”

Om groot te word in die tyd van A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me was soos om deel te wees van ’n “waan­sin­ni­ge kul­tus”.

“Tó­tal con­t­rol. En as jy nie ’n hoof­seun was nie, het a­part­heid jou op­gef*k. Dis ’n ab­so­lu­te leu­en dat al­le wit men­se hap­py was on­der a­part­heid, vir par­ty van ons was dit ’n vol­slae nag­mer­rie en dié van ons wat ag­ter­ge­kom het ons is nie op ’n goeie plek nie, het be­gin d­rugs vat om te co­pe daar­mee of weg­ge­loop of w­ha­te­ver – self­moord ge­pleeg.

“Ek het in We­skop­pies be­land in saal 6. Daar was kin­ders van am­bas­sa­deurs wat daar weg­ge­steek is deur hul ou­ers, want hul­le het nie ge­pas by die ge­sin­s­prent­jie en by die e­tes en by die o­pen­ba­re pro­fiel nie. They we­re just left t­he­re.”

Ons praat oor Ker­kor­rel. “Ek het van Ralph ge­hou toe ek hom ont­moet het. Toe be­gin ons saam­werk met Vo­ël­vry, en dit was héctic. Toe raak ons ja­loers op me­kaar. Daai he­le ding van wie was die eer­ste roc­ker. Toe raak ons kwaai­vrien­de en toe is dit al­les net k*k.”

’n Jaar voor sy dood was daar ’n ver­soe­ning.

“Weet jy, ons het glad nie oor Vo­ël­vry of oor mu­siek ge­praat nie. Ons het net ge­chat oor str*nt.

“Hy en sy boyf­riend, Di­mitri, sou die vol­gen­de week by ons kom eet het en toe bel An­sie Kam­f­fer my [met die nuus van sy dood] . . . Ek kon nie na

die be­graf­nis gaan nie. Weet jy dat ek nou nog kwaad is dat hy daai din­ner da­te ge­mis het. Ek is nou nog in de­ni­al oor wat met hom ge­beur het.

“Hy het deur pe­ri­o­des van baie sleg­te de­pres­sie ge­gaan, maar wan­neer hy hel­der was, was hy on­ge­loof­lik hel­der. En ek het nie die in­druk ge­kry, daai week voor hy dood is, dat hy baie do­wn is nie. Ek weet nie wat die re­de is vir sy dood nie, maar hy het dit moer­se goed weg­ge­steek, hy het die heel­tyd vro­lik en up­be­at ge­lyk en jo­kes ge­maak. Hy’t hier ge­sit en ons het ’n soccer ga­me ge­kyk. Hy was fi­ne. Dit was vir my so lek­ker om weer met hom te con­nect en ek het daar­na uit­ge­sien dat ons me­kaar baie ge­reeld kan sien, jy weet.

“Die ba­sie­se ou wat hy eint­lik was, is ie­mand wat rê­rig om­ge­gee het vir die men­se om hom. Hy was ’n goeie luis­te­raar. Hy’t tyd ge­maak vir jou. Hy was in­tel­li­gent en be­skaaf. Dít ont­hou ek.

“Ek het so ’n vriend no­dig ge­had, want dis al­les wat ék nie was nie. Ek was ’n tó­tal hool­i­gan. Ek was die hool­i­gan van Vo­ël­vry, die érg­ste van die lot. Bár, bar ver­by.

“Hy moes nou hier ge­wees het. Hy was ’n baie in­tel­li­gen­te ou. Hy sou vir ons kon sen­se maak oor wat nou in die land aan­gaan. Hy is die soort ou wat dit sou kon in­ter­pre­teer het. En hy sou ’n won­der­li­ke lei­er ge­wees het vir die jong . . . vir hier­die f*k­ken men­se van die John­ny-fliek wat so deur­me­kaar is in die suburbs.

“Hul­le het hier­die totá­le e­mo­ti­o­nal va­cuum. Hul­le het ge­re­bel­leer teen Cal­vi­nis­me, maar hul­le het niks ge­kry in die plek daar­van nie. Hul­le het hul ge­loof in ál­les ver­loor en Ralph is die soort ou wat met ru­brie­ke en so sou kon in­houd gee aan waar ons nou is en wat ons te doen staan.

“Ek weet nie of ék dit kan doen nie; ek weet nie of Dirk Uys (die Vo­ël­vry­toer­be­stuur­der) dit kan doen nie. Maar Ralph sou dit kon doen.”

Koos Kom­buis van­dees­week in die on­der­houd in sy huis in So­mer­set­Wes. Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Roe­lof Storm in die rol van John­ny op ’n re­kla­me­plak­kaat van die rol­prent John­ny is nie dood nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.