A­dri­aan nie kap­tein Voet­be­se­ring pla

A­dri­aan is nie ge­pos, sê Ma­rais

Beeld - - Voorblad - Co­bus Claas­sen

A­dri­aan S­trauss speel nie mô­re vir die Bul­le nie, maar dit is weens ’n voet­be­se­ring en nie om­dat hy in on­guns ver­val het by die brei­ers­korps nie.

Dít was gis­ter Nol­lis Ma­rais, Bul­le-af­rig­ter, se ver­dui­de­li­king toe hy Han­ro Lie­ben­berg as die span se nu­we kap­tein aan­ge­wys het.

Lie­ben­berg sal voor draf wan­neer die Bul­le mô­re in die Su­per­reeks teen die High­lan­ders op Lof­tus Vers­feld te staan kom.

Ma­rais is ge­vra of hy dit – on­ge­ag S­trauss se be­se­ring – sou oor­weeg het om die er­va­re ha­ker weg te laat.

“Ek is nie se­ker nie. Daar­die be­sluit is vir my ge­neem met sy be­se­ring en dit was in elk ge­val nog al­tyd die plan om jon­ger spe­lers, soos Ja­co (Vi­sa­gie) en Ed­gar Ma­rut­lul­le, meer bloot­stel­ling te gee.

“Op die oom­blik is ek met nie­mand se spel te­vre­de nie en om een spe­ler uit te son­der sal nie bil­lik teen­oor A­dri­aan wees nie. Ons het as ’n span te­leur­ge­stel (teen die Cru­sa­ders).”

Ma­rais gee toe dat daar ’n moont­lik­heid is dat die 21-ja­ri­ge Lie­ben­berg – die Bul­le se jong­ste kap­tein tot nog toe in Su­per­rug­by – die lei­sels kan hou met die oog op die toe­koms.

“Ek sal daar­die be­sluit eers la­ter neem en dit hang ook af van hoe lank A­dri­aan uit is.”

Hy sê S­trauss het al ver­le­de week met die be­se­ring ge­suk­kel en het nou vir ’n skan­de­ring ge­gaan.

“Ek het Han­ro nog al­tyd as my toe­koms­ti­ge kap­tein be­skou. Hy is ’n uit­ste­ken­de lei­er en is ’n spe­ler vir die toe­koms.”

Daar is se­we ver­an­de­rin­ge aan die span wat Sa­ter­dag op Lof­tus met 24-62 teen die Cru­sa­ders af­ge­tjop het.

Dit sou agt ge­wees het as die los­ska­kel Fran­cois Brum­mer hom nie weens ’n kuit­be­se­ring aan die span ont­trek het nie.

Ti­an S­choe­man be­hou dus die nr. 10-trui.

Daar sal on­der meer ’n nu­we los­trio teen die High­lan­ders uit­draf met Lie­ben­berg, Jan­nes Kir­sten en Ru­an S­teen­kamp, wat by Re­nal­do Both­ma, Nic de Ja­ger en Ja­c­ques Pot­gie­ter oor­vat.

Lood de Ja­ger skuif na die plaas­ver­van­ger­bank, wat be­te­ken dat RG Sny­man en Ja­son Jen­kins as slot­paar be­gin.

“RG en Ja­son kom­bi­neer goed en ver­dien ’n kans saam in die be­gin­span.”

Ma­rais sê hy is ook in sy nop­pies om S­teen­kamp as ’n bal­jag­ter te­rug te hê.

“S­to­ney is ’n taai ka­rak­ter en ek het al be­kers saam met hom ge­wen.

“Hy is ’n goeie lei­er en sal as kap­tein kan oor­vat as Han­ro nie op die veld is nie.”

Lie­ben­berg sê hy be­stem­pel die kap­tein­skap nie as ’n las in die lig van die groot druk waar­on­der die span is nie.

“Nee wat, dit is nie vir my ’n pro­bleem nie. Ons moet Sa­ter­dag (mô­re) een­vou­dig be­ter speel.”

Ma­rais sê ’n span wat met ’n half­har­ti­ge po­ging teen die High­lan­ders vo­ren­dag kom, gaan ’n duur prys be­taal.

“Hul­le is, soos al­le Ki­wi-span­ne, do­de­lik. Teen die C­hee­tahs was hul­le 24-41 ag­ter en het drie drieë in vyf mi­nu­te ge­druk.”

■ Bul­le: War­rick Ge­lant, Ja­de S­tigh­ling, Jes­se K­riel, Bur­ger O­den­daal, Jam­ba U­len­go, Ti­an S­choe­man, Piet van Zyl, Han­ro Lie­ben­berg (k), Jan­nes Kir­sten, Ru­an S­teen­kamp, RG Sny­man, Ja­son Jen­kins, T­re­vor Ny­a­ka­ne, Ja­co Vi­sa­gie, Li­zo G­qo­bo­ka. PLAASVERVANGERS: Ed­gar Ma­rut­lul­le, Pier­re S­choe­man, Con­raad van Vuur­en, Lood de Ja­ger, Nic de Ja­ger, Ru­dy Pai­ge, To­ny Jan­tjies, Jan Ser­fon­tein.

A­dri­aan S­trauss beur vo­ren­toe in die Bul­le­trui. Hy sal weens ’n voet­be­se­ring nie die na­week op Lof­tus speel nie. Fo­to: GALLO

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.