DA wil weet: Waar kom Dla­mi­ni aan R6 mjd?

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop News24

Die DA eis ant­woor­de oor hoe Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, die R6 mil­jard be­re­ken het wat sy be­weer dit die de­par­te­ment gaan kos om die uit­be­ta­ling van staats­toe­lae oor te neem.

Dla­mi­ni het Woens­dag aan die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling ge­sê die pro­ses kan so­veel kos en tot vyf jaar duur.

Dit volg na­dat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof die de­par­te­ment se kon­trak met Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces (CPS) in Maart met ’n jaar ver­leng het om die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) tyd te gee om al­ter­na­tie­we re­ë­lings te tref met die uit­be­ta­ling van maat­skap­li­ke toe­lae.

B­rid­get Ma­san­go, DA-LP, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê dié R6 mil­jard is “ab­so­luut skok­kend” en skep nog meer vrae oor ’n me­ning wat die DA lank­al het dat Dla­mi­ni die

en

kri­sis oor die uit­be­ta­ling van die maat­skap­li­ke toe­lae doel­be­wus ver­sin het om te ver­se­ker dat die hui­di­ge ver­sprei­ding­stel­sel vir maat­skap­li­ke toe­lae, waar­on­der die be­trok­ken­heid van CPS, moet voort­duur.

“Dla­mi­ni is be­rug vir haar kon­stan­te ont­wy­king van aan­spreek­lik­heid, maar die mi­nis­ter be­hoort geen pro­bleem daar­mee te hê om die DA se vrae eer­baar te be­ant­woord nie om­dat sy niks het om weg te steek nie,” lui Ma­san­go se ver­kla­ring.

In­tus­sen het Sas­sa ge­sê hy gaan ap­pel­leer teen die hoog­ge­regs­hof­be­vel wat die diens­ver­skaf­fer Net1, waar­van CPS ’n fi­li­aal is, toe­stem­ming gee om af­trek­kings van be­guns­tig­des se toe­lae te maak.

Reg­ter Cor­rie van der West­hui­zen het Dins­dag in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria be­veel die ge­wy­sig­de re­gu­la­sies vir die be­ta­ling van maat­skap­li­ke toe­lae mag nie ver­hin­der dat af­trek­kings van be­guns­tig­des se toe­lae ge­maak word nie.

Sas­sa het die uit­spraak be­stu­deer en gaan weens die “on­denk­ba­re, on­be­doel­de ge­vol­ge” ap­pel­leer, het T­ho­ko­za­ni Mag­wa­za, uit­voe­ren­de hoof, gis­ter ge­sê. “Ons is oor­tuig daar­van dat ’n an­der hof ’n an­der sie­ning oor die saak sal hê.”

Sas­sa sê die af­trek­kings wat CPS maak, druis in teen die re­ge­ring se po­ging om ar­moe­de te be­veg.

“Die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling en Sas­sa word oor­val met be­guns­tig­des wat kla oor on­ge­mag­tig­de af­trek­kings wat van toe­lae ge­maak word.

“Die nu­we re­gu­la­sies is be­doel om die weer­lo­ses teen die op­tre­de van ge­we­ten­lo­se fi­nan­si­ë­le diens­ver­skaf­fers te be­skerm.”

Die de­par­te­ment het in Mei 2016 ge­wy­sig­de re­gu­la­sies ge­pu­bli­seer om die af­trek­kings stop te sit. Net1 het die hof ge­vra om die re­gu­la­sies on­gel­dig te ver­klaar en ver­soek dat af­trek­kings en de­biet­or­ders steeds van die be­guns­tig­des van maat­skap­li­ke toe­lae se re­ke­nin­ge ge­maak mag word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.