Mil­jar­de no­dig vir toe­lae, maar sy koop luuk­se mo­tors

Beeld - - Nuus - – News24

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, het die af­ge­lo­pe boek­jaar net meer as R2 mil­joen aan twee nu­we luuk­se mi­nis­te­ri­ë­le mo­tors be­stee.

Sy en Hen­driet­ta Bog­o­pa­ne­Zu­lu, haar ad­junk, het ten spy­te van plan­ne om be­ste­ding deur staats­de­par­te­men­te in te kort in die boek­jaar 2016­’17 R1,3 mil­joen be­stee aan ’n luuk­se BMW en R1,1 mil­joen aan ’n Jeep Grand C­hero­kee.

Dla­mi­ni het in ant­woord op vrae in die par­le­ment ge­sê die vo­ri­ge amps­mo­ tors is in 2009 ge­koop.

Die mo­tors, wat in P­re­to­ria ge­bruik word, het meer as 120 000 km af­ge­lê en het hul voor­ge­skre­we vyf­jaar­tyd­perk oor­skry.

Hul­le moes weens hoë in­stand­hou­dings­kos­te en om vei­lig­heids­re­des ver­vang word.

Mi­nis­ters en ad­junk­mi­nis­ters word elk ’n mak­si­mum van twee voer­tuie toe­ge­laat – een in Kaap­stad en een in P­re­to­ria.

Om aan die te­sou­rie se kos­te­be­spa­rings­maat­re­ëls te vol­doen, is be­sluit om die aan­koop van amps­mo­tors vir Kaap­stad te ver­traag.

Die geld vir die aan­koop van die twee mo­tors in P­re­to­ria is twee jaar ge­le­de, in die 2014­’15­boek­jaar, be­skik­baar ge­maak.

Dla­mi­ni het nie in haar ant­woord ge­sê waar­om die voer­tuie nie toe reeds ge­koop is nie.

B­rid­get Ma­san­go, DA­LP, het Dla­mi­ni se aan­koop van die voer­tuie as “skan­da­lig” be­stem­pel ge­ge­we die ge­wel­di­ge ar­moe­de en werk­loos­heid in Suid­A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.