Po­li­tiek by kin­der­graf­te: ‘Ek is nie ’n pries­ter nie’

Beeld - - Nuus - – News24

Joe Mas­wan­ga­nyi, mi­nis­ter van ver­voer, sê daar is niks mee ver­keerd dat hy oud­pres. FW de K­lerk ge­kri­ti­seer het op die be­graf­nis van 16 kin­ders wat in ’n taxi-on­ge­luk dood is nie.

“Ek is ’n po­li­ti­kus, nie ’n pries­ter nie. O­ral waar ek gaan, praat ek po­li­tiek. Dis wat men­se kan ver­wag.”

Hy het Sa­ter­dag in Ve­re­na, M­pu­ma­lan­ga, op die be­graf­nis ge­sê De K­lerk en pre­si­den­te uit die a­part­heids­tyd hoort in die “as­blik van die ge­skie­de­nis”.

Hy dink nie dit was on­van­pas om oor De K­lerk of die na­la­ten­skap van a­part­heid te praat nie.

“Die sleg­te ver­voer­in­fra­struk­tuur van De K­lerk se re­ge­ring is aan ons oor­ge­laat en ek sal aan­hou om dit te sê. Ie­mand wat sê ons ly nie weens die na­la­ten­skap van a­part­heid en ko­lo­ni­a­lis­me nie, is on­eer­lik.”

Op die be­graf­nis het hy ook ge­sê die Pa­don­ge­luk­fonds het voor­heen net ryk wit men­se be­voor­deel, maar on­der die ANC-re­ge­ring strek dit al­mal tot voor­deel. Die fonds het ge­help om die be­graf­nis te re­ël, kis­te te koop en om die oor­le­de­nes te ver­voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.