Ai­ko­na vir nu­we teer­pad

San­par­ke ge­kap oor ‘kom­mer­si­a­li­se­ring’

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

San­par­ke en die de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke het on­der skoot ge­kom oor sy plan om ’n teer­pad van 50,6 km in die noor­de van die Krugerwildtuin te bou.

Die teer­pad is ’n deel van ’n voor­ge­stel­de plan om die diens­hek aan die wes­te­kant van die wild­tuin tus­sen die P­ha­la­bor­wa­en Pun­da Ma­ria-hek op te gra­deer en ’n kamp met 20 ten­te aan die oe­wer van die S­hing­we­d­zi­ri­vier op te rig.

Ger­hard S­mit, sa­me­roe­per van die nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie Ai­ko­na, het op ’n ge­meen­skaps­ver­ga­de­ring in San­par­ke se hoof­kan­toor in P­re­to­ria ge­sê hy het geen be­swaar teen die op­gra­de­ring van die hek nie, maar hy skop vas teen die teer­pad.

Die hek, wat be­kend sal staan as die S­hang­o­ni-hek, sal in­wo­ners van Giy­a­ni en die ge­hug­gie Al­tein mak­li­ker toe­gang tot die wild­tuin gee. Ai­ko­na ver­wel­kom dit, on­der meer om­dat dit werk­ge­leent­he­de vir hul­le sal skep.

Hy dring eg­ter daar­op aan dat San­par­ke En­vi­ro­lu­ti­on Con­sulting, wat die im­pak­stu­die doen, dwing om ’n be­hoor­li­ke om­ge­wings­im­pak­stu­die oor die ont­wik­ke­ling te doen en nie net ’n ba­sie­se as­ses­se­ring nie.

Die maat­skap­py se kon­sul­tant T­ha­bang Se­ke­le hou vol dis net no­dig om ’n ba­sie­se as­ses­se­ring vir die ont­wik­ke­ling te doen.

S­mit sê be­lang­heb­ben­des is baie be­kom­merd oor San­par­ke se kom­mer­si­a­li­se­ring van die wild­tuin.

Hy het Bla­ke S­chraad­er van San­par­ke ge­vra wan­neer die aan­hou­den­de ont­wik­ke­lings in die wild­tuin gaan ein­dig. Vol­gens hom het hy be­trou­baar ver­neem die teer­pad is die eer­ste stap vir die vol­gen­de fa­se van ont­wik­ke­ling wan­neer ’n gas­te­huis met 100 bed­dens glo langs die teer­pad ge­bou gaan word.

S­chraad­er het geen ant­woord op die uit­la­ting ge­gee nie en ge­sê San­par­ke moet nog fi­nan­sie­ring vir die teer­pad kry. Dit gaan glo so­wat R150 mil­joen kos.

S­chraad­er het ge­sê geen krag sal na die tent­kamp aan­ge­lê word nie, en son­pa­ne­le sal ge­ïn­stal­leer word. Geen wa­ter sal uit die S­hing­we­d­zi­ri­vier ge­bruik word nie, maar boor­ga­te sal wel vir die kamp ge­sink moet word.

S­mit het ge­sê Ai­ko­na skop ook vas teen die be­oog­de teer­pad om­dat dit by die be­staan­de H1-6 gaan aan­sluit. Dit gaan ’n snel­weg na Mo­sam­biek en ’n “mak­li­ke smok­kel­roe­te” word, het hy ge­waar­sku.

Ai­ko­na dring ook daar­op aan dat die be­oog­de tent­kamp deur San­par­ke be­stuur word om­dat baie van sy ge­pri­va­ti­seer­de ge­rie­we, soos re­stau­ran­te in die wild­tuin, mis­luk het.

Be­lang­heb­ben­des wat kom­men­taar op die be­oog­de ont­wik­ke­ling wil le­wer, kan dit stuur aan t­ha­bang@en­vi­ro­lu­ti­on.co.za, of ska­kel 0861 44 44 99.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.