Vyf­de leeu dalk op sy eie te­rug wild­tuin toe

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Leeu nom­mer vyf is nog soek, sê die M­pu­ma­lan­ga-toe­ris­meen-par­ke-a­gent­skap (MTPA).

Sy vier mak­kers wat saam met hom oor die Ko­ma­ti­ri­vier uit die Krugerwildtuin ont­snap het, is al Dins­dag na­by Ko­ma­ti­poort ge­vang en te­rug­ge­neem.

Hy is nog nie weer ge­waar nie en dit is moont­lik dat hy op sy eie te­rug­ge­keer het wild­tuin toe, sê K­ho­lo­fe­la N­kam­bu­le, woord­voer­der van die MTPA.

Ike P­haahla, woord­voer­der van San­par­ke, het Dins­dag ge­sê die vyf man­ne­tjies, wat al­mal ses of se­we jaar oud is, is waar­skyn­lik uit hul trop ge­jaag en het toe saam­ge­span ter wil­le van oor­le­wing.

Vol­gens hom het die leeus ver­moe­de­lik oor die Ko­ma­ti­ri­vier, wat ’n na­tuur­li­ke grens met die wild­tuin vorm, ont­snap om­dat die ri­vier­vlak baie laag is.

San­par­ke het twee he­li­kop­ters, sy twee top­vee­art­se en veld­be­waar­ders be­skik­baar ge­maak vir die soek­tog, wat die deur die MTPA ge­ko­ör­di­neer is.

Vier is Dins­dag tus­sen 11:00 en 17:30 ge­vang. Die vyf­de leeu het by ’n sui­ker­riet­plan­ta­sie in­ge­hard­loop.

Die waar­sku­wing geld steeds dat men­se in die ge­bied op hul­le hoe­de moet wees en die o­wer­he­de da­de­lik moet ver­wit­tig wan­neer hul­le die leeu ge­waar, sê N­kam­bu­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.