Mo­le­wa en kie ‘kom nie hul man­daat na nie’

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, Bar­ba­ra T­hom­son, haar ad­junk, en amp­te­na­re in haar de­par­te­ment maak ’n be­spot­ting van be­waar­de ge­bie­de, sê die DA.

T­ho­mas Hadebe, DA-woord­voer­der oor om­ge­wing­sa­ke, het gis­ter ge­sê die de­par­te­ment kom nie sy man­daat na nie en het on­der po­li­tie­ke druk ge­swig om goed­keu­ring aan A­tha A­fri­ca te gee vir ’n steen­kool­myn in die wa­ter­ry­ke Ma­bo­la-ge­bied in M­pu­ma­lan­ga.

Hy het ge­sê dit is ’n skan­de dat Mo­le­wa meen myn­bou kan in be­waar­de ge­bie­de plaas­vind en be­lag­lik dat sy meen die ge­bied kan ná die tyd ge­re­ha­bi­li­teer word.

Hadebe het ge­re­a­geer op die ant­woor­de wat T­hom­son en amp­te­na­re in die de­par­te­ment vroe­ër van­dees­week aan die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor om­ge­wing­sa­ke ge­gee het.

Op die vraag van Hadebe waar­om die de­par­te­ment goed­keu­ring vir die myn ge­gee het, het S­ho­ni Mun­z­he­d­zi, ad­junk­di­rek­teur vir bi­o­di­ver­si­teit en be­wa­ring, lui­dens ’n tran­skrip­sie van die ko­mi­tee­ver­ga­de­ring ge­sê daar is dees­dae toe­ne­men­de myn- en pro­spek­teer­aan­soe­ke in af­ge­leë, wa­ter­ry­ke ge­bie­de met groot bi­o­di­ver­si­teit om­dat daar ’n ge­wel­di­ge toe­na­me in die vraag na mi­ne­ra­le is.

In dié ge­bie­de is daar ook baie on­ont­gin­de steen­kool­neer­slae.

Hy het ge­sê daar is ma­nie­re om die na­ge­vol­ge van myn­bou in ge­bie­de soos Ma­bo­la deur wet­ge­wing te ver­sag.

Myn­bou in Ma­bo­la gaan die ge­bied, sy ri­vie­re, vleie en grond heel­te­mal ver­nie­tig. Dui­sen­de men­se is af­hank­lik van die wa­ter, het Hadebe ge­sê.

“Dit lyk nie of die de­par­te­ment be­sef dat hy die land se wa­ter en voed­sel­se­ker­heid op die spel plaas deur myn­bou in sen­si­tie­we ge­bie­de goed te keur nie.”

Hadebe het daar­op ge­wys dat die bur­ger­li­ke ge­meen­skap be­sig is met reg­stap­pe oor Ma­bo­la en dat dit hul­le baie geld kos.

Is­haam A­ba­der, ad­junk­di­rek­teur van wets­toe­pas­sing in die de­par­te­ment, het ge­sê al is Suid-A­fri­ka ’n on­der­te­ke­naar van die Pa­rys-oo­reen­koms oor kli­maats­ver­an­de­ring en al is daar ’n be­we­ging na her­nieu­ba­re e­ner­gie­bron­ne, is die land steeds van fos­siel­brand­stow­we af­hank­lik.

Hadebe het ge­sê as myn­bou in Ma­bo­la voort­gaan, sal dit ’n ge­vaar­li­ke pre­se­dent vir al­le be­waar­de ge­bie­de in die land skep.

Dit lyk nie of die de­par­te­ment be­sef dat hy die land se wa­ter en voed­sel­se­ker­heid op die spel plaas deur myn­bou in sen­si­tie­we ge­bie­de goed te keur nie.

— T­HO­MAS HADEBE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.