Pick n Pay sal kaar­te se fou­te reg­maak

Beeld - - Nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Pick n Pay sê hy gaan saam met San­par­ke werk om die fou­te op sy nu­we Su­per A­ni­mals-ver­sa­mel­kaar­te reg te stel.

Op een van die kaar­te is daar ’n fo­to van ’n Eu­ro­pe­se bok wat as ’n steen­bok van Suid-A­fri­ka aan­ge­dui word. Op ’n an­der word ’n klein vo­ël­tjie se mas­sa as 125 kg aan­ge­gee.

Die kaar­te is on­langs weer be­kend ge­stel om­dat dit so ge­wild was on­der kin­ders, maar dié keer was dit ver­on­der­stel om net Suid-A­fri­kaan­se die­re te wees.

“Ons is reg­tig jam­mer oor die paar fou­te wat in­ge­sluip het,” sê die win­kel­groep in ’n ver­kla­ring.

Klan­te kan hul fou­tie­we kaar­te laat ver­vang en die reg­te kaar­te sal bin­ne­kort in die win­kels wees.

“Ver­sa­me­laars kan hul kaar­te gra­tis kom om­ruil, of kon­tak ons deur ons Fa­ce­book-blad en ons sal dit aan hul­le stuur,” sê Andrew P­re­to­ri­us van Pick n Pay se be­mar­kings­af­de­ling.

Wil­li­am Ma­ba­sa, waar­ne­men­de San­par­ke-woord­voer­der, het ook om ver­sko­ning ge­vra vir die fou­te.

Die sel­foon­app waar­mee die kaar­te se in­lig­ting in­ge­voer word om na die die­re­ge­lui­de te luis­ter, is blyk­baar reeds reg­ge­stel.

Su­per A­ni­mals is ’n reeks van 108 kaar­te wat ver­sa­mel word en in ’n al­bum ge­plak word.

Ma­ba­sa het ge­sê San­par­ke kry R1 vir el­ke Su­per A­ni­mals-al­bum wat ver­koop word.

Klan­te van Pick n Pay ont­vang vier kaar­te vir el­ke R150 wat in die win­kel be­stee word. Die veld­tog duur tot 4 Ju­nie so­lank die voor­raad be­skik­baar is.

Dié Eu­ro­pe­se bok se fo­to ver­skyn op die kaart van die steen­bok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.