‘Moe­nie dit doen nie!’ hoor hy

Slag­of­fers word glo daar­na aan­ge­rand

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

Boe­ta van der West­hui­zen, be­skul­dig­de nom­mer een in die Pa­rys-moord­ver­hoor, het op een van die ver­meen­de plaas­aan­val­lers ge­trap.

Twee om­stan­ders het ge­skreeu: “Moe­nie dit doen nie!” het Ga­briel Coet­zer gis­ter in die ver­hoor in die rond­gaan­de hof in Pa­rys ge­tuig.

Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba, die twee mans wat daar­van be­skul­dig is dat hul­le Boe­ta se pa, Loe­die, aan­ge­val het, is so erg be­seer dat hul­le daar­die aand ge­sterf het.

Coet­zer het ge­tuig Loe­die van der West­hui­zen jr., Boe­ta se seun, het hom op 6 Ja­nu­a­rie 2016 ge­bel en ge­vra hy moet kom help om­dat sy ou­pa aan­ge­val is. Loe­die jr. het ge­sê die aan­val­lers is glo ge­wa­pen.

Coet­zer het sy pa se re­wol­wer ge­gryp en met sy ma se mo­tor na die plaas Bie­sies­bult ge­jaag.

Daar het hy an­der voer­tuie ge­volg wat deur die veld tot op die plaas Swart­klip ge­ry het.

Twee mans het op die grond ge­lê en heel­par­ty men­se het om hul­le ge­staan, het Coet­zer ge­tuig.

“My pa en oom Boe­ta het om­trent die­self­de tyd as ek daar op­ge­daag.”

Coet­zer het ge­tuig hy het sy pa se re­wol­wer aan Boe­ta ge­gee.

Hy het ge­sien hoe Boe­ta op een van die ver­meen­de aan­val­lers trap en van die to­neel af weg­ge­loop.

Dit is toe dat Chris­ta Jan­sen van Vuur­en en M­ül­ler van der West­hui­zen skreeu: “Moe­nie dit doen nie!”

Coet­zer het ge­tuig Loe­die jr. het kort daar­na die re­wol­wer, wat toe uit­me­kaar was, aan hom te­rug­ge­gee en ge­sê: “Hy is in sy m**r.”

Dié woor­de het ’n lig­te oom­blik in die hof ver­skaf toe die tolk, Je­re­mia Tol­lie, dit in En­gels ver­taal het as: “It is f***ed up.”

Reg­ter Cor­né van Zyl het ge­sê die woor­de moet só toe­ge­laat word om­dat dit daar­oor gaan om ’n wa­re weer­ga­we van die dag se ge­beu­re en wat ge­sê is, vas te stel.

Coet­zer het ge­tuig na­dat Loe­die jr. die re­wol­wer aan hom te­rug­ge­gee het, het sy pa ge­sê hul­le moet ry, want ’n der­de ver­dag­te is glo by die pak­hui­se op die plaas op­ge­merk.

Hy het die re­wol­wer weer aan­me­kaar ge­sit.

Coet­zer het ge­tuig die ses be­skul­dig­des is “my bu­re, my vrien­de en my pa se vriend”.

Die ses be­skul­dig­des is Boe­ta (47), sy skoon­seun, Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), Loe­die jr. (19), An­ton Log­gen­berg (50) en sy seun, Cor (20), en kapt. Henk Prins­loo (47).

■ Van Zyl het uit­spraak voor­be­hou in die SAUK se aan­soek om die ver­hoor uit te saai. Sy sal uit­spraak le­wer han­gen­de die ap­pèl­saak oor Me­dia24 en nog twee par­tye se aan­soek om die Hen­ri van B­re­da-ver­hoor uit te saai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.