64­ja­ri­ge boer sterf dalk aan brand­won­de ná aan­val in KZN

Beeld - - Nuus -

’n 64-ja­ri­ge boer van K­waZu­luNa­tal is Dins­dag­aand ver­moe­de­lik aan sy brand­won­de dood na­dat aan­val­lers hom erg ge­mar­tel het.

Hy het brand­won­de oor sy he­le lyf ge­had.

Lt.kol. T­hu­la­ni Z­wa­ne, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê die man, wie se naam nog nie be­kend ge­maak is nie, is om­streeks 19:45 op die plaas Ta­toon na­by Bul­wer ver­moor.

“Ons weet nie wat die mo­tief vir die moord was en of e­nig­iets uit die plaas­huis ge­steel is nie.”

Dins­dag was daar ook drie an­der plaas­aan­val­le in ver­skil­len­de pro­vin­sies.

D­ries Min­nie (60) van As­sen na­by B­rits veg steeds om sy le­we in die Mil­park-hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg na­dat hy Dins­dag­mid­dag in die maag ge­skiet is.

Vyf mans het hom en sy vrou om­streeks 17:00 in hul huis oor­val. Die aan­val­lers wou geld en wa­pens hê, sê ao. M­pei­le Ta­la­ne, po­li­sie­woord­voer­der in B­rits.

Die vyf het die huis ge­plun­der en ’n ha­el­ge­weer, hand­wa­pen, sel­fo­ne en geld ge­buit.

Min­nie is met ’n nood­he­li­kop­ter van Ne­t­ca­re911 na die Mil­park-hos­pi­taal ge­bring.

Nick Dol­man, woord­voer­der van Ne­t­ca­re 911, sê Min­nie is baie erns­tig be­seer.

Vol­gens ’n W­hat­sApp-bood­skap aan TLU SA is Min­nie ná ’n o­pe­ra­sie in ’n be­sten­di­ge toe­stand, maar die koe­ël het groot ska­de aan­ge­rig.

“(Dit) het die kant van ’n long ge­tref en die milt het ge­bars. Die milt is ver­wy­der,” lui die W­hat­sApp-bood­skap.

He­ri­ta­ge Pro­tecti­on Group (HPG), ’n mis­daad­be­stry­dings­or­ga­ni­sa­sie, het in sa­me­wer­king met die po­li­sie drie van die vyf ver­dag­tes se voet­spo­re deur die veld ge­volg. “Dit het teen­aan ’n teer­pad dood­ge­loop. Dit lyk as­of die mans daar deur ie­mand in ’n voer­tuig op­ge­laai is,” sê een van die spoor­sny­ers, wat nie sy naam ge­noem wil hê nie.

Die vyf aan­val­lers wat Wil­lem van der Mer­we van die plaas D­rie­hoek tus­sen Bet­hal en Se­cun­da ge­skiet het, is ook steeds soek. Van der Mer­we (56), sy vrou, Ni­co­leen (48), en hul dog­ter, Zel­ma­rie (19), is Dins­dag om­streeks mid­der­nag in hul huis oor­val.

In Roos­se­ne­kal in Lim­po­po het twee ge­wa­pen­de mans Dins­dag 12:30 op die plaas Rem­hoog­te van Hans en Chris­ti­ne Ac­ker­man toe­ge­slaan.

Chris­ti­ne (58) en haar huis­wer­ker, wie se naam nie ver­skaf is nie, is in ver­skil­len­de ver­trek­ke van die huis vas­ge­bind.

Die ro­wers het te voet met ’n vuur­wa­pen, geld, ju­we­liers­wa­re, sel­fo­ne en ’n skoot­re­ke­naar weg­ge­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.