Bark­hui­zen: Po­li­sie­lid uit­ge­daag

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Sy was nie be­voor­oor­deeld in die on­der­soek na die moord op O­det­te Bark­hui­zen nie.

“Ek het al­les dalk nie so mooi ge­do­ku­men­teer nie,” het konst. Na­o­mi Wei­de­man, die on­der­soek­be­amp­te, gis­ter op be­skul­di­gings van die ver­de­di­ging ge­re­a­geer.

Adv. Si­ta Kol­be SC voer na­mens Ge­or­ge Bark­hui­zen (42) in die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg aan Wei­de­man se ge­tui­e­nis is on­be­trou­baar en be­voor­oor­deeld.

Bark­hui­zen staan te­reg op aan­klag van moord, be­drog, die be­sit van ’n on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pen en die on­wet­ti­ge be­sit van am­mu­ni­sie.

“(Ek) dink nie dit was ’n be­voor­oor­deel­de on­der­soek nie,” het Wei­de­man ge­sê. “Ek het op­ge­volg. Ek het al­les dalk nie so mooi ge­do­ku­men­teer nie.”

Wei­de­man sê in haar be­ë­dig­de

ver­kla­ring die “man­li­ke” moor­de­naar het hand­skoe­ne aan­ge­had toe hy O­det­te (42) ver­moor het. Daar­teen­oor is daar niks in die be­ë­dig­de ver­kla­ring van die e­nig­ste oog­ge­tuie oor die moor­de­naar se ge­slag of dat die per­soon hand­skoe­ne aan­ge­had het nie, het Kol­be ge­sê.

“(Die oog­ge­tuie) het hand­skoe­ne ge­noem, dit is net nie in die ver­kla­ring nie,” het Wei­de­man ge­sê. “Ek sou dit nie ge­sê het as hy dit nie ge­noem het nie.”

Kol­be het ge­sê Wei­de­man het die hand­skoe­ne ge­noem om­dat sy die stro­kie van ’n ys­ter­wa­re­win­kel wat sy by O­det­te se fa­mi­lie ge­kry het met die moord wou ver­bind.

Wei­de­man sê in haar ver­kla­ring Bark­hui­zen het in A­pril 2015 “met sy eie de­biet­kaart” rub­ber­hand­skoe­ne, ’n plas­tiek­jas en swart ste­wels in sy skoen­groot­te by die win­kel ge­koop.

Sy sê in die ver­kla­ring dié aan­ko­pe “kan bes moont­lik as mis­daad­ver­bin­den­de toe­rus­ting be­skryf word”.

“Ek stel dit aan u dat u die ‘mis­daad­ver­bin­den­de toe­rus­ting’ met die moord wou ver­bind en die ge­tui­e­nis by die oog­ge­tuie se be­ë­dig­de ver­kla­ring ge­voeg het,” het Kol­be ge­sê.

“Dis nie waar nie,” het Wei­de­man ge­ant­woord.

O­det­te is op 11 Ju­nie 2015 bui­te haar werk­plek in Oak­de­ne, Jo­han­nes­burg, in die bors en kop ge­skiet. Dit het na ’n mo­tor­ka­ping ge­lyk.

Die ver­hoor duur voort.

Ge­or­ge Bark­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.