Fran­zis­ka­moord­saak: Só is ver­dag­te ge­vang

Beeld - - Nuus - – News24

’n Po­li­sie­be­amp­te het gis­ter aan die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ver­dui­de­lik hoe hy vier mans in heg­te­nis ge­neem het wat met die moord op en die ver­krag­ting en roof van Fran­zis­ka Bl­ö­ch­li­ger ver­bind word.

Konst. Do­ni­van Pie­ter­sen was by die Kir­sten­hof-po­li­sie­kan­toor ge­sta­si­o­neer toe hy by dié saak be­trok­ke ge­raak het op 8 Maart 2016, ’n dag ná die moord.

Hy is die agt­ste staatsgetuie wat ge­roep is om teen die be­skul­dig­de, Howard O­li­vier, te ge­tuig.

O­li­vier (28) het Maan­dag skuld ont­ken op aan­klag­te van ver­krag­ting en moord, maar het er­ken dat hy Fran­zis­ka van haar ring en sel­foon in die To­kai-bos be­roof het na­dat hy Man­drax ge­rook het.

Pie­ter­sen het ge­tuig Je­ro­me Moses het hom in­ge­lig dat hy ’n foon van Howard O­li­vier ont­vang het. Hul­le is toe na O­li­vier se huis, maar sy vrou het ge­sê hy werk op die wyn­land­goed Klein Con­stan­tia.

Pie­ter­sen en sy kol­le­ga het O­li­vier op die plaas on­der­vra.

“Hy het ge­sê Je­ro­me Moses het met ’n sel­foon na hom ge­kom,” het Pie­ter­sen ge­tuig.

Die ge­steel­de sel­foon, ’n Ap­ple iP­ho­ne, is by die po­li­sie­kan­toor in­ge­han­dig deur ie­mand met die naam Ba­by en daar is ook ’n ver­kla­ring af­ge­lê.

Pie­ter­sen het ge­sê hy het O­li­vier in heg­te­nis ge­neem ter­wyl Moses in die po­li­sie­voer­tuig ge­wag het. O­li­vier se reg­te is aan hom voor­ge­lees en hy is toe­ge­laat om een te­le­foon­op­roep te maak.

Hul­le het deur sy rug­sak ge­soek, maar geen ju­we­liers­wa­re ge­vind nie.

Vol­gens Pie­ter­sen het hy O­li­vier ge­ken voor­dat hy in heg­te­nis ge­neem is, maar hy het nie ver­dui­de­lik hoe nie.

Hy (Pie­ter­sen) het ook Jo­na­than Jo­nas, wat in We­st­la­ke in heg­te­nis ge­neem is, ge­ken. Dit is die­self­de ge­bied waar Moses en Da­niel Eas­ter in heg­te­nis ge­neem is.

O­li­vier, ’n ge­trou­de pa van twee, is die e­nig­ste be­skul­dig­de wat op aan­klag­te van ver­krag­ting en moord ver­volg word.

In kruis­on­der­vra­ging het adv. Ken Klop­per, vir O­li­vier, aan Pie­ter­sen ge­sê hy was nooit by die in­heg­te­nis­ne­ming van O­li­vier be­trok­ke nie.

Pie­ter­sen het dit ont­ken en ge­sê hy was daar­by be­trok­ke.

Die ver­hoor duur voort.

Howard O­li­vier in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad. Fo­to: PE­TER A­BRA­HAMS, SON

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.