Ge­weld in hos­pi­ta­le ‘ ’n land­wye pro­bleem’

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

107 aan­val­le is se­dert Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar op per­so­neel­le­de in Gau­teng­se hos­pi­ta­le uit­ge­voer.

Die aan­val­lers was meest­al pa­si­ën­te en hul fa­mi­lie­le­de.

Per­so­neel­le­de word ge­byt en ge­slaan, en ’n per­so­neel­lid het ’n kol­le­ga aan­ge­val om­dat die kol­le­ga glo ’n heks is.

Dít blyk uit in­lig­ting van dr. G­wen Ra­mokg­o­pa, Gau­teng­se LUR vir ge­sond­heid, in ant­woord op ’n vraag van die DA in die Gau­teng­se wet­ge­wer.

“Ek is ge­skok oor die hoë vlak van ge­weld waar­aan hos­pi­taal­per­so­neel­le­de bloot­ge­stel is. Dít ter­wyl hul­le die sie­kes pro­beer ge­sond maak,” sê Jack Bloom, pro­vin­si­a­le DA-woord­voer­der oor ge­sond­heid, in ’n ver­kla­ring.

Vol­gens Ra­mokg­o­pa was die mees­te aan­val­le – 16 – in die Tem­bi­sa-hos­pi­taal.

By die We­skop­pies- psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal in P­re­to­ria was daar 13 aan­val­le, by Le­ra­tong in Kru­gers­dorp 12 en by P­ho­losong in Brak­pan agt.

Daar was se­we aan­val­le elk by Chris Ha­ni Bara­gwa­nath in So­we­to, Dr. Ge­or­ge Muk­ha­ri in Ga-Ran­ku­wa en He­len Jo­seph in Jo­han­nes­burg.

Die aan­val­le is uit­ge­voer weens frus­tra­sie of trau­ma, drank­mis­bruik, ne­ga­tie­we hou­dings en psi­go­se.

“Baie van die aan­val­le is snags of na­we­ke.”

Die Gau­teng­se de­par­te­ment van ge­sond­heid het aan­ge­dui dat hy stap­pe by el­ke hos­pi­taal gaan doen om die vei­lig­heid van die me­die­se per­so­neel daar te ver­be­ter. Dit sluit die aan­stel­ling van ge­noeg vei­lig­heids­be­amp­tes in, as­ook die aan­bring van kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras en pa­niek­knop­pies.

In ho­ë­ri­si­ko­ge­bie­de sal daar 24 uur per dag vei­lig­heids­be­amp­tes wees.

Bloom sê meer vei­lig­heids­maat­re­ëls sal kan help om die aan­val­le te ver­min­der, maar die on­der­lig­gen­de pro­bleem “is on­ge­luk­kig die al­ge­me­ne ge­weld en on­ver­draag­saam­heid in ons sa­me­le­wing”.

Dr. M­zu­ki­si Groot­boom, voor­sit­ter van die Suid-A­fri­kaan­se Me­die­se Ver­e­ni­ging, sê ge­weld in hos­pi­ta­le is land­wyd ’n pro­bleem.

“Die ge­weld in hos­pi­ta­le is on­ge­luk­kig ’n beeld van wat daag­liks in ons ge­meen­skap­pe ge­beur. Daar is nie nood­wen­dig geld om vei­lig­heids­maat­re­ël op­ti­maal te ver­skerp nie.”

Hy sê dit is nie net die ge­sond­heids­de­par­te­ment se pro­bleem nie. “Die ge­meen­skap­pe moet by­me­kaar­kom en kyk hoe hul­le die pro­bleem van ge­weld in die ge­meen­skap kan pak.

“Daar moet ge­reeld ver­ga­de­rings ge­hou word om aan aan­dag aan vei­lig­heid te gee en ma­nie­re te i­den­ti­fi­seer om dit te ver­be­ter.”

Dr. G­wen Ra­mokg­o­pa Fo­to: LISA HNATOWICZ

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.