Staat moet R18 mil­joen op­dok weens kind se brein­be­se­ring

Beeld - - Nuus -

Dit gaan R17 mil­joen kos om ’n tien­ja­ri­ge seun wat erg ge­stremd is om­dat hy te laat met ’n kei­ser­snee ge­bo­re is vir die res van sy le­we te ver­sorg.

Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het die Gau­teng­se ge­sond­heids­de­par­te­ment dus Woens­dag be­veel om R18 239 643 uit te be­taal weens die ska­de wat Sip­ho Pe­a­ce Mak­ho­ba by ge­boor­te op­ge­doen het.

Na­dat regs­kos­te van die R18 mil­joen af­ge­trek is, as­ook die kos­te van die ver­sor­ging wat Sip­ho se ma tot dus­ver aan hom ge­gee het, sal die res in ’n trust ge­hou word vir die seun se ver­sor­ging.

Lui­dens hof­stuk­ke na­mens Jes­sie Mak­ho­ba (46), Sip­ho se ma, is hy op 23 Sep­tem­ber 2006 in die P­ho­losong-hos­pi­taal in Boks­burg ge­bo­re.

Sip­ho is op 6 Ok­to­ber 2006 uit die hos­pi­taal ont­slaan.

Die Mak­ho­bas is van Du­du­za. Die hof het in Ju­lie 2016 be­vind die Gau­teng­se ge­sond­heids­de­par­te­ment is 100% aan­spreek­lik vir die kind se ska­de.

Hy het ’n brein­be­se­ring op­ge­doen by ge­boor­te en is se­re­braal ge­stremd, spas­ties en ’n kwa­dru­pleeg.

Hy is in ’n skool vir kog­ni­tief en fi­siek ge­strem­de kin­ders.

Sip­ho het groot spraak- en taal­ver­tra­gings en hoor en sien sleg. Hy kan hom­self met net so­wat tien woor­de en klan­ke uit­druk.

Hy is per­ma­nent af­hank­lik van heel­tyd­se sorg en sal nooit on­af­hank­lik kan wees nie.

Vol­gens hof­stuk­ke het die op­tre­de van dok­ters en ver­pleeg­sters in die staat se No­kut­he­la Ng­we­nya-ge­meen­skaps­ge­sond­heid­sen­trum en die P­ho­loson­g­hos­pi­taal die ska­de ver­oor­saak.

Ty­dens haar swan­ger­skap het Mak­ho­ba die ge­sond­heid­sen­trum be­soek vir on­der­soe­ke.

Ná drie mis­luk­te po­gings om hom va­gi­naal te ver­los – wat hom ge­trau­ma­ti­seer het – is Sip­ho met ’n kei­ser­snee ge­bo­re.

Vol­gens hof­stuk­ke was die bloed aan sy ag­ter­kop waar­skyn­lik te wy­te aan een van dié mis­luk­te po­gings.

Er­ge bloed­ver­lies het ge­lei tot lae bloed­druk by die ba­ba.

Mak­ho­ba is die og­gend van 23 Sep­tem­ber 2006 in die ge­meen­skaps­ge­sond­heid­sen­trum op­ge­neem vir die ge­boor­te en is dié aand om­streeks 20:30 na die hos­pi­taal oor­ge­plaas weens ’n on­re­ël­ma­ti­ge hart­klop by die fe­tus en die sta­di­ge vor­de­ring van die ge­boor­te.

Lui­dens die hof­stuk­ke was daar twee mis­luk­te va­kuum­ver­los­sings en een tang­ver­los­sing.

’n Kei­ser­snee pleks van dié ver­los­sings­po­gings moes eer­der uit­ge­voer ge­wees het.

Ken­ners meen Sip­ho sal so­wat 50 jaar oud word.

Vry­dag 12 Mei 2017

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.