Staan na­der vir naald in die arm

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Die Tshwa­ne-me­tro raai al­le ou­ers en voog­de in die hoof­stad aan om hul kin­ders na die naas­te kli­niek te neem om hul­le teen ma­sels te laat in­ent.

Die stad se ge­sond­heid­span­ne be­soek ook kleu­ter­sko­le om kin­ders tus­sen ses maan­de en vyf jaar in te ent. Al­le kin­ders tus­sen dié ou­der­dom­me sal in­ge­ënt word, al is hul­le al van­te­vo­re teen die siek­te in­ge­ënt.

Sak­kie du Plooy, lid van Tshwa­ne se bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee vir ge­sond­heid en maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, sê die groot­skaal­se in­en­tings­veld­tog volg op die na­si­o­na­le de­par­te­ment van ge­sond­heid se aan­kon­di­ging dat 17 be­ves­tig­de ge­val­le van ma­sels in Gau­teng aan­ge­meld is.

13 van die ge­val­le is in die om­ge­wing van Jo­han­nes­burg, drie in Tshwa­ne en een in E­kur­hu­le­ni.

Aan­ge­sien meer ge­val­le in Jo­han­nes­burg aan­ge­meld is, is die tei­kenou­der­dom in die stad tot 15 jaar ver­hoog.

Im­mu­ni­se­ring­sen­trums is by al­le o­pen­ba­re kli­nie­ke, hos­pi­ta­le en ge­meen­skaps­ge­sond­heid­sen­trums ge­o­pen.

Dr. G­wen Ra­mokg­o­pa, Gau­teng­se

LUR vir ge­sond­heid, sê die de­par­te­ment van ge­sond­heid het el­ke drie tot vier jaar ’n in­en­tings­veld­tog teen die siek­te, maar hul­le het be­sluit om vroe­ër daar­mee te be­gin om­dat daar ’n ge­lei­de­li­ke op­bou van vat­baar­heid vir ma­sels is. Die veld­tog het op 2 Mei be­gin en duur tot 26 Mei.

By ’n kli­niek in O­lie­ven­hout­bosch na­by Cen­tu­ri­on staan ma’s met ba­bas en kin­ders van vroeg­dag en wag om hul kin­ders te laat in­ent.

Sus­ter Sa­rah Ku­tu­me­la, hoof van die kli­niek, sê meer as

1 000 kin­ders is se­dert ver­le­de week daar in­ge­ënt. Gis­ter is meer as 300 kin­ders in­ge­ënt.

Die siek­te is hoogs aan­steek­lik en ver­sprei vin­nig. Men­se met ma­sels kan die siek­te reeds vier dae voor­dat die vel­uit­slag ge­sien word, aan an­der oor­dra en tot vier dae na­dat die vel­uit­slag be­gin het.

Vol­gens die Na­si­o­na­le In­s­ti­tuut vir Oor­draag­ba­re Siek­tes kan men­se van e­ni­ge ou­der­dom ma­sels kry, maar dis ver­al ge­vaar­lik vir kin­ders jon­ger as twee jaar.

Vroeg­ty­di­ge in­en­ting kan im­mu­ni­teit teen die siek­te on­der on­ge­veer 95% van die be­vol­king waar­borg.

Lihle T­ho­ba­ne (4) van O­lie­ven­hout­bosch het al be­gin huil nog voor­dat sus­ter Glo­ria Mu­of­he haar teen ma­sels in­ge­ënt het. Haar ma, Ma­lin­di T­ho­ba­ne, pro­beer haar ver­troos. Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Car­los Ma­nyi­se het ’n groot keel op­ge­sit toe hy teen ma­sels in­ge­ënt is. Hy sit op sy ma, Ly­dia M­pe­pu, se skoot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.