Deu­re gaan oop

Sy sing eie lied­jie in ‘P­ris­cil­la’

Beeld - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

As Thembeka Mnguni maar ge­weet het ’n mens kan mu­siek en dra­ma stu­deer, sou haar loop­baan­pad dalk mak­li­ker ge­wees het.

Maar dit is nie dat sy haar loop­baan tot nou toe vir e­nig­iets sal ver­ruil nie, sê sy.

Mnguni (34), wat ver­le­de jaar ’n fi­na­lis in die eer­ste reeks van The Voice SA was, is in Jo­han­nes­burg vir die pro­duk­sie P­ris­cil­la, Qu­een of the De­sert. Sy ver­tolk die rol van Di­va.

Sy sal in die vol­gen­de paar maan­de vir die pro­duk­sie Hong­kong toe gaan voor­dat sy te­rug­kom om aan haar al­bum te werk.

Be­ne­wens die al­bum is Mnguni be­sig om saam met Ka­ren Zoid, haar af­rig­ter in The Voice SA, aan ’n so­lo­ver­to­ning te werk.

“Die i­dee is lied­jies van di­vas deur die ge­skie­de­nis. Dit sal soos ’n ka­ba­ret wees waar­in ek lied­jies van A­re­tha Frank­lin, Mary J. B­li­ge en soort­ge­ly­ke san­gers sing.”

Sy sê Zoid het vir haar ’n men­tor en ’n ma ge­word en haar ge­help om weer in die te­a­ter te werk.

“Woor­de kan nie my loop­baan­tra­jek be­skryf nie,” sê Mnguni.

“Ek het voor­heen saam met Pie­ter Toe­rien ge­werk aan pro­duk­sies soos G­re­a­se en High S­chool Mu­si­cal, maar met die ge­boor­te van my ou­tis­tie­se seun, Sa­be­lo (6), het ek eers ’n rus­kans ge­neem.

“Ek het pro­beer met ou­di­sies vir I­dols en The X Fac­tor, maar niks het daar­van ge­kom nie.”

Al het sy haar werk ver­loor van­weë haar deel­na­me aan

The Voice SA, is sy baie bly dat sy heel­tyds op haar sang­loop­baan kan fo­kus.

“Ek is ver­baas oor hoe­veel deu­re The Voice SA oop­ge­maak het.

“As jy my ’n jaar ge­le­de ge­vra het waar ek my loop­baan sien, sou ek nooit kon sê ek sou ’n pro­duk­sie van P­ris­cil­la se ge­hal­te o­pen met my eie lied­jie ter­wyl ek am­per drie ver­die­pings hoog in die lug hang nie.”

Woor­de kan nie my loop­baan­tra­jek be­skryf nie.

— THEMBEKA MNGUNI

Thembeka Mnguni hang vir haar rol in P­ris­cil­la, Qu­een of the De­sert in ’n spe­si­a­le har­nas van die dak af. Fo­to: SI­MON SON­NE­KUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.