Cy­ril se bees­te be­haal re­kord­pry­se

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

Die bod­ha­mer het el­ke keer ’n “nu­we re­kord­prys” op­ge­stel toe die eer­ste An­ko­le-pro­duk­sie­vei­ling in die land Dins­dag na­by Er­me­lo ge­hou is.

Die groot­ste pro­du­sent van dié bees­te is adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa, wat op N­ta­ba Nyo­ni na­by Bad­plaas met An­ko­le-, Bons­ma­ra- en Bo­ran-bees­te boer.

“Dit was die bes­te vei­ling van my le­we,” sê Paul Bo­tha, af­sla­er van V­leis­sen­traal Er­me­lo wat 28 jaar on­der­vin­ding het.

“Die pry­se is net on­ge­loof­lik.” Die hoog­ste bod was R640 000, ter­wyl nog een R610 000 be­haal het. Die ge­mid­del­de prys per bul was R118 461.

Bo­tha meen die ko­pers het die bees­te aan­ge­skaf spe­si­fiek om dit saam met wild aan te hou.

Dr. Mor­né de la Rey, be­stu­ren­de di­rek­teur van die em­brio-en­kuns­ma­ti­ge-in­se­mi­na­sie­sen­trum Em­bryo Plus, sê: “Daar is die voor­deel van sim­bi­o­se van bees­te

en wild on­der die­self­de eks­ten­sie­we om­stan­dig­he­de, want dit is ’n ge­har­de bees, word nie mak­lik siek nie en is nie so vat­baar vir bos­luis­oor­draag­li­ke en vi­rus­siek­tes nie.”

De la Rey, wat An­ko­le-bees­te

met be­hulp van em­brio-in­voer in Suid-A­fri­ka help ves­tig het, was ’n gas­ver­ko­per op die vei­ling.

“Die Suid-A­fri­kaan­se kud­de is tans tus­sen 300 en 400 sterk met ’n stam­boek en stam­ly­ne wat drie tot vyf ge­ne­ra­sies te­rug na­ge­gaan kan word tot by U­gan­da,” sê De la Rey.

An­ko­le-bees­te het mas­sie­we ho­rings en ge­sog­te vel­le. Hoe­wel tro­fee­jag-bul­le op die vei­ling aan­ge­bied is, sê De la Rey dit is nie hoe­kom die bees­ras hier ge­ves­tig is nie.

“Dis ’n vleis­ras met la­e­cho­les­te­rol-vleis, nie geen­cho­les­te­rol-vleis soos voor­heen in Beeld be­rig is nie. Dít is hoe­kom dit die land in­ge­kom het, vir sy ge­son­de vleis, nié vir sy ho­rings en vel nie.

“Die An­ko­le is on­langs deur Vee­ver­be­te­ring as ’n vol­waar­di­ge vleis­ras ge­re­gis­treer.”

Hoe smaak ’n stuk­kie An­ko­le? “Baie smaak­lik,” sê De La Rey. “Ek het dit al baie in Ke­nia en U­gan­da ge­ëet. Dit is mis­kien ’n bie­tjie min­der sap­pig, maar baie smaak­lik.”

Ra­map­ho­sa se woord­voer­der het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Bo­tha sê Ra­map­ho­sa was baie te­vre­de met die pry­se.

“Hy’s ’n baie ne­de­ri­ge mens wat my baie be­ïn­druk het.”

Dié An­ko­le­bul van adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa het R640 000 op die vei­ling be­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.