4­po­ti­ge held red vroue in aan­val

Slag­of­fer moet se­ning laat heg

Beeld - - Nuus - O­det­te Par­fitt

Net toe ’n ro­wer ’n mes teen ’n jong vrou se keel druk, storm ’n hond om die draai.

Die trau­ma­tie­se aan­val is net so vin­nig ver­by as wat dit be­gin het dank­sy die dap­per hond, sê Chanté van Vuur­en (21).

Sy was gis­ter­mid­dag be­sig om te leer par­keer by ’n sa­ke­per­seel in Wal­mer in Port E­li­za­beth.

Yo­lan­de Bui­ten­dag (45), haar in­struk­teur, het bui­te die mo­tor ge­staan.

“Ek het vir ’n paar se­kon­des weg­ge­kyk en toe ek te­rug­draai, was twee mans by haar, be­sig om haar met mes­se aan te val,” sê Van Vuur­en.

“Ek het die mo­tor aan­ge­ska­kel met die plan om vo­ren­toe te ry en hul­le af te skrik, maar

die en­jin het ge­vrek.”

Die vol­gen­de oom­blik was een van die aan­val­lers reg

langs die mo­tor.

Van Vuur­en het nie kans ge­had om die ruit op te draai nie en die mes is teen haar keel ge­druk.

Net toe het die hond, wat op die per­seel woon en glo Domino heet, sy ver­sky­ning ge­maak.

“Hy was soos ’n klein held,” sê Van Vuur­en.

“Ek dink nie hy het hul­le ge­byt nie, maar hy het vir hul­le ge­grom.

“In ’n sta­di­um het hul­le hom pro­beer gryp, maar hy was net te vin­nig.”

Uit­ein­de­lik het die aan­val­lers moed op­ge­gee en na vei­lig­heid bui­te die hei­ning van die per­seel ge­vlug.

“Hul­le het eg­ter daar bly staan en se­ker ge­wag dat die hond weg­gaan so­dat hul­le kan te­rug­kom. Toe gaan sit die hond reg langs die hei­ning en hou hul­le dop.”

Daar het Domino bly sit tot­dat Bui­ten­dag met bloei­en­de sny­won­de aan die arms en han­de ag­ter die stuur­wiel in­ge­skuif en weg­ge­jaag het.

“Ons is reg­uit na die Wal­mer-po­li­sie­kan­toor toe,” sê Van Vuur­en.

“Yo­lan­de kon s­kaars praat en ek was ook in ’n toe­stand. Ek het e­ni­ge lap wat ek kon kry ge­bruik om haar won­de toe te draai.

“Daar was o­ral bloed.

“Ek het my das, wat deel is van my stu­den­te-u­ni­form, om haar ge­wrig ge­draai ter­wyl sy met haar reg­ter­hand moes be­stuur.

“Ek het ’n sny aan haar lin­ker­hand met my hand toe­ge­hou ter­wyl ek haar help be­stuur het.”

Bui­ten­dag is van die po­li­sie­kan­toor met ’n am­bu­lans na die hos­pi­taal ge­neem.

Die dap­per Domino was hul vier­po­ti­ge be­skerm­en­gel, meen Van Vuur­en.

“Yo­lan­de is ou­kei,” sê sy. Hul­le het se­dert­dien ge­praat en sy maak selfs grap­pies.

Va­nes­sa Ross, Bui­ten­dag se nig­gie, sê sy sterk nog in die hos­pi­taal aan.

Sy on­der­gaan van­dag ’n o­pe­ra­sie aan ’n ge­skeur­de se­ning in haar reg­ter­hand.

Net toe die man die mes teen my keel druk, het die hond om die draai na ons toe aan­ge­hard­loop ge­kom.

— CHANTÉ VAN VUUR­EN

Die dap­per hond – wat glo Domino heet – het Woens­dag­mid­dag tot die red­ding van twee vroue in Port E­li­za­beth ge­kom toe hul­le ty­dens ’n be­stuur­sles deur twee mans met mes­se oor­val is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.