Sko­le in Gau­teng word vol­gen­de jaar ge­gra­deer

Beeld - - Nuus -

Sko­le in Gau­teng gaan teen ein­de vol­gen­de jaar ge­gra­deer word.

Die mees­te ou­ers weet nie wat­ter sko­le goed is nie, sê Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys.

As die skool­drag soos ’n blaas­or­kes-u­ni­form lyk, dink hul­le die skool is goed, het hy on­langs by die be­kend­stel­ling van die aan­lyn aan­soek­stel­sel vir sko­le ge­sê.

Le­su­fi sê ’n skaal van 1 tot 5 sal ge­bruik word om die sko­le van uit­ste­kend tot swak te gra­deer.

Ou­pa Bo­di­be, waar­ne­men­de woord­voer­der van die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment, sê die sko­le sal op ne­ge fo­kus­pun­te ge­ë­va­lu­eer word. Die de­par­te­ment sal la­ter sê wat dit is.

Sko­le sal hul­self in sa­me­wer­king met die dis­triks­kan­toor e­va­lu­eer vol­gens hul swak en sterk pun­te, ge­leent­he­de en be­drei­gings.

Bo­di­be sê die gra­de­rings word ge­doen om ga­pings by sko­le te i­den­ti­fi­seer so­dat hul­le on­der­steu­ning kan kry. Só sal die sko­le baie be­ter kan pres­teer.

“Die in­stru­ment wat ge­bruik sal word om sko­le te gra­deer, is ge­stan­daar­di­seer, ob­jek­tief en ge­bruik in­ge­bou­de for­mu­les. Daar­om ver­wag ons dat die sko­le nie ver­keerd ge­gra­deer sal word nie.”

Hy sê sko­le moet be­sef die gra­de­ring is tot hul voor­deel.

Oor hoe­veel dit die de­par­te­ment sal kos, sê hy daar is nie ’n by­ko­men­de be­gro­ting no­dig nie.

Paul Col­ditz, uit­voe­ren­de hoof van die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as), sê dit sal kort­sig­tig wees om die gra­de­ring o­pen­baar te maak.

“Men­se sal na die sko­le met ’n hoë gra­de­ring stroom en dit sal groot druk op daar­die sko­le plaas.”

Hy sê e­ni­ge on­der­wys­de­par­te­ment wat sy sout werd is, sal weet wat­ter sko­le swak­ker vaar en ou­to­ma­ties op hul­le fo­kus.

“Amp­te­na­re bly dik­wels weg van die swak­ker sko­le om­dat die pro­ble­me daar oor­wel­di­gend is. Hul­le be­soek graag die be­ter sko­le en ge­niet die koek en tee daar en kyk hoe goed al­les gaan,” sê hy.

Vry­dag 12 Mei 2017

Pa­ny­a­za Le­su­fi, Gau­teng­se LUR vir on­der­wys. Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.