Hlau­di en Te­be­le as re­spon­den­te by­ge­voeg

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Hlau­di Mot­soe­neng sal aan die hof moet kom sê hoe­kom hy nie in sy per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid aan­spreek­lik ge­hou moet word vir die on­reg­ma­ti­ge af­dan­king van ’n groep SAUK-joer­na­lis­te nie.

Gis­ter het die ar­beids­hof in Jo­han­nes­burg So­li­da­ri­teit se aan­soek toe­ge­staan dat Mot­soe­neng en Si­mon Te­be­le, waar­ne­men­de nuus­hoof, as re­spon­den­te by sy saak teen die SAUK ge­voeg word.

Mot­soe­neng het by na­vraag ge­sê hy “gaan nie oor hof­sa­ke praat nie”.

Die hof het in 2016 be­slis dat die joer­na­lis­te, wat be­kend ge­word het as die SAUK-agt (Foe­ta K­ri­ge, Su­na Ven­ter, Ja­c­ques S­teen­kamp, K­ri­va­ni Pil­lay, T­han­de­ka G­qubu­le, Luk­ha­nyo Ca­la­ta, Bu­si N­tu­li en Vuyo M­vo­ko), on­reg­ma­tig af­ge­dank is.

So­li­da­ri­teit en die me­di­a­wer­kers­vak­bond Be­ma­wu, wat elk vier van die SAUK-le­de ver­teen­woor­dig het, se aan­soe­ke dat die joer­na­lis­te her­aan­ge­stel word, is toe met kos­te toe­ge­staan.

Mot­soe­neng, des­tyds be­dryfs­hoof van die uit­saai­er, het die uit­ein­de­li­ke be­sluit ge­neem om die joer­na­lis­te af te dank, sê Fran­cois Re­de­ling­huys, woord­voer­der van So­li­da­ri­teit.

“Daar is geen re­de dat die be­las­ting­be­ta­ler hier­voor moet op­dok nie.”

Reg­ter Da­vid Gush het ge­sê die hof mag be­veel dat ’n par­ty as re­spon­dent in­ge­sluit word “as die par­ty ’n be­dui­den­de be­lang by

die ver­rig­tin­ge het”.

Die hof het be­vind Mot­soe­neng en Te­be­le het wel ’n be­dui­den­de be­lang by die “fi­na­le ver­de­ling van aan­spreek­lik­heid vir die ap­pli­kan­te se regs­kos­te” en dat die hof­uit­spraak hul­le “na­de­lig (kan) be­ïn­vloed”.

Adv. Pa­trick Mts­hau­la­na SC, vir die SAUK, het slegs die aan­soek om Mot­soe­neng as re­spon­dent by te voeg, teen­ge­staan om­dat Te­be­le die af­dan­kings­brie­we ge­te­ken het.

Vol­gens Re­de­ling­huys het So­li­da­ri­teit aan­ge­voer dat Mot­soe­neng as des­tyd­se be­dryfs­hoof die uit­ein­de­li­ke be­sluit ge­neem het om die joer­na­lis­te af te dank.

Die SAUK sê hy sal die hof­be­vel be­stu­deer.

Kai­zer K­ga­ny­a­go, woord­voer­der van die SAUK, sê: “Ons moet eers die re­des vir die be­vel ver­staan voor­dat ons kan be­sluit wat­ter ver­de­re stap­pe ge­doen moet word.”

Hlau­di Mot­soe­neng Fo­to: News24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.