Ger­rie eers skep­ties oor ver­vol­gings­plan

Beeld - - Nuus - Ja­son Fe­lix

Hy het ge­weet dit is no­dig, maar het net nie ge­dink pri­va­te ver­vol­ging sal moont­lik wees nie, sê adv. Ger­rie Nel, hoof van A­friForum se pri­va­te ver­vol­gings­een­heid.

Nel, wat in Fe­bru­a­rie as staats­aan­kla­er be­dank het ná 35 jaar diens, sê al­mal in Suid-A­fri­ka wat in die reg­te prak­ti­seer, is kon­ser­wa­tief. “So, as daar iets nuuts is, staan men­se dit al­tyd teen.”

Hy het soos ’n ti­pie­se pro­ku­reur ge­dink pri­va­te ver­vol­ging sal nie werk nie, het hy gis­ter aan die Kaap­stad­se sa­ke­ka­mer ge­sê.

“Ek het ’n op­roep van Kal­lie K­riel van A­friForum ge­kry en toe be­gin dink aan die kon­sep.”

Hy het toe oor ’n pri­va­te ver­vol­ging ge­lees waar­by die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging be­trok­ke was.

“Ek het be­sef dit is no­dig en as daar ooit ’n tyd was, is dit nou. Ek het op­ge­won­de be­gin raak. Jy raak op­ge­won­de oor so iets en voel net dat dit moet ge­beur.

“Ek is ’n ge­wo­ne aan­kla­er en toe kom die me­di­astorm. Aan­vank­lik was dit als ne­ga­tief en oor die een of an­der mo­tief. En om­dat dit A­friForum is, is daar ’n po­li­tie­ke mo­tief. Soos wat men­se be­gin ver­staan het, het dit (die ne­ga­tie­we per­sep­sie) be­gin ver­an­der.”

In pri­va­te ver­vol­ging kan po­li­tie­ke mo­tie­we nie vas­trap­plek kry nie om­dat die ba­sie­se be­gin­sel van ge­reg­tig­heid is dat al­mal ge­lyk is voor die reg.

“Ek sê nou dit is on­moont­lik om po­li­tiek aan pri­va­te ver­vol­ging te kop­pel. Die NVG (na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag) het die eer­ste keu­se om sa­ke te ver­volg of nie. As jy my ver­keerd kan be­wys, doen dit as­se­blief.”

Nel sê as die NVG be­sluit om nie te ver­volg nie en A­friForum meen daar is wel gron­de vir ver­vol­ging, kan die pri­va­te ver­vol­gings­een­heid aan­soek doen by die NVG om ’n nol­le pro­se­qui­ser­ti­fi­kaat. Dit gee ie­mand die reg om ver­vol­ging in sy eie naam in te stel.

Nel meen die land se straf­reg­stel­sel staan nog sterk en dat die reg­bank se on­af­hank­lik­heid be­vor­der word.

“Ek ont­hou baie ke­re dat ek Bloem­fon­tein (na die ap­pèl­hof) toe ge­ry het . . . en daar is vir jou slim ooms en tan­nies in daar­die ge­bou.

“Die reg is ’n pro­ses, nie ’n saak nie,” sê hy.

“Ons was aan­vank­lik be­kom­merd oor hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng, maar nou moet ons er­ken dat hy ’n on­ge­loof­li­ke reg­ter is,” sê Nel.

Adv. Ger­rie Nel Fo­to: DEAAN VIVIER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.