‘On­lus­te in Co­li­gny be­lig weer uit­da­gings wat op SA wag’

Beeld - - Nuus -

Toe hul­le Maan­dag op borg­tog vry­ge­laat is, is die twee mans wat van die moord op ’n Co­li­gny-tie­ner be­skul­dig word na al­ter­na­tie­we bly­plek bui­te die dorp ge­neem.

Be­skul­di­gings word nog oor en weer ge­slin­ger oor die ge­weld­ple­ging en be­to­gings wat dié Noord­wes-dor­pie al we­ke lank ver­lam.

Daar­by is die in­wo­ners op he­te ko­le dat die plof­ba­re si­tu­a­sie weer kan hand­uit ruk wan­neer Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, pre­mier van Noord­wes, na ver­wag­ting van­dag daar op­daag.

Die po­li­sie, nood­diens­te en vei­lig­heids­maat­skap­pye is op ’n ge­reed­heids­grond­slag na­dat dr. Mp­ho Mot­l­ha­ba­ne, Noord­wes se LUR vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid en ver­voer, die be­soek Dins­dag aan­ge­kon­dig het.

Be­to­gings in en om Co­li­gny het al voor Pie­ter Doore­waard en P­hil­lip S­chut­te se in­heg­te­nis­ne­ming uit­ge­breek.

Hoe­wel tal­le aan­voer dit is ver­oor­saak deur die dood van Mat­l­ho­mo­la Mos­weu (16) op 20 A­pril, is daar ook ver­moe­dens dat dit eer­der uit diens­le­we­ring­be­to­gings spruit.

Die land­dros­hof in Co­li­gny het in die twee mans se borg­to­gaan­soek ge­hoor 22 men­se, on­der wie kin­ders, is al op aan­klag­te van o­pen­ba­re ge­weld en plun­de­ry in heg­te­nis ge­neem.

Die ge­weld deur die plaas­li­ke ge­meen­skap het Maan­dag weer op­ge­vlam na­dat die be­skul­dig­des op borg­tog van R5 000 elk vry­ge­laat is. Min­stens drie hui­se, as­ook lan­de­rye, is aan die brand ge­steek.

B­rig. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, sê nie­mand is nog aan­ge­keer weens die jong­ste vlaag van ge­weld nie.

Die stig­ting vir ge­lyk­heid voor die reg het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê: “Die on­lus­te en ver­woes­ting in Co­li­gny die laas­te tyd het weer die kol­lig op­nuut laat val op die uit­da­gings wat op Suid-A­fri­ka wag.”

Vol­gens die stig­ting laat dit die vraag ont­staan of die o­wer­heid hoe­ge­naamd die land kan re­geer. “Dit het ’n al­ge­me­ne ver­skyn­sel ge­word dat ei­en­dom ver­woes en ge­plun­der word, het­sy om ui­ting aan grie­we te gee of on­der die voor­wend­sel dat dit oor grie­we gaan. Die po­li­sie is o­ën­skyn­lik mag­te­loos om die slag­of­fers van die ver­woes­ting en plun­de­ry te be­skerm.”

Die stig­ting het met kom­mer ver­wys na se­ke­re be­rig­ge­wing wat “die in­druk wek dat die wet­te­lo­se op­tre­de oog­lui­kend goed­ge­keur word. Son­dag­aand het die nuus­le­ser op kykNET dood­lui­ters be­rig dat die moord op ’n seun die on­lus­te by Co­li­gny ont­ke­ten het. Eer­stens bots dit met die fei­te wat al­ge­meen be­kend is en t­wee­dens min­ag dit die regs­be­gin­sel dat ’n per­soon eers deur ’n hof aan moord skul­dig be­vind moet word.”

Dit stig­ting loof land­dros Ma­ga­o­la Fo­so vir sy in­te­gri­teit en sê die me­dia, ge­meen­skaps- en kerk­lei­ers moet moei­te doen om die regs­be­gin­sels waar­op borg­tog oor­weeg word te be­klem­toon.

In­tus­sen het die South A­fri­can Na­ti­o­nal Ci­vic Or­ga­ni­sa­ti­on (San­co) gis­ter ge­vra om kalm­te en po­gings om die “dooi­e­punt” oor die ge­weld­da­di­ge pro­tes­op­tre­de te be­ëin­dig.

“Wit Co­li­gny-in­wo­ners wat die pe­ti­sie op­ge­stel en on­der­steun het ten guns­te van die be­skul­dig­des se borg­tog moet saam ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar vir die ge­weld­da­di­ge kon­fron­ta­sies en ver­woes­ting wat ge­volg het,” sê Ja­bu Mahlan­gu, San­co-woord­voer­der.

Mahlan­gu be­weer Co­li­gny is ver­teen­woor­di­gend van in­wo­ners se “broei­en­de woe­de oor ras­sis­me ter­wyl hul­le ver­troue in die reg­stel­sel ver­loor”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.