Lug grie­we son­der ge­weld, vra ka­bi­net

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die ka­bi­net het ’n be­roep op die ge­meen­skap­pe van Co­li­gny, El­do­ra­do Park, Ennerdale en Vu­wa­ni ge­doen om hul grie­we son­der ge­weld te lug so­dat op­los­sings ge­vind kan word.

Ay­an­da Dlod­lo, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, het gis­ter ge­sê die ka­bi­net ver­oor­deel die jong­ste vlaag van ge­weld.

“Dié ge­meen­skap­pe moet hul­le weer­hou van ge­weld, in­ti­mi­da­sie en plun­de­ry wan­neer hul­le hul grie­we op­per. Hul­le moet dit so doen dat op­los­sings ge­vind kan word son­der om staats­ei­en­dom te ver­nie­tig of die reg­te van an­der te skend.”

Dlod­lo sê pres. Ja­cob Zu­ma het jus­ti­sie, mis­daad­voor­ko­ming en die vei­lig­heids­groep van mi­nis­ters in sy staats­re­de in 2015 op­drag ge­gee om be­slis­send teen ge­weld en ver­nie­ti­gen­de pro­tes­op­tog­te op te tree.

“Die ka­bi­net her­haal dat die­ge­ne wat die wet oor­tree met die vol­le mag van die ge­reg te doen sal kry.”

Die ka­bi­net ver­soek al­le rol­spe­lers om met die be­trok­ke ge­meen­skap­pe te ska­kel so­dat die dis­pu­te so gou moont­lik op­ge­los kan word.

Oor Vu­wa­ni sê Dlod­lo Zu­ma het on­langs met To­ni Mp­hep­hu Ra­ma­bu­la­na, Ven­da-ko­ning, en an­der be­lang­heb­ben­des ver­ga­der om op­los­sings te vind.

Ra­ma­bu­la­na se voor­stel dat die V­hem­be-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit diens­te ver­skaf aan Vu­wa­ni ter­wyl ’n lang­ter­myn­op­los­sing vir die af­ba­ke­nings­kwes­sie ge­soek word, is aan­vaar.

Die re­le­van­te na­si­o­na­le en pro­vin­si­a­le re­ge­rings­de­par­te­men­te sal die dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit by­staan.

Vol­gens Dlod­lo be­te­ken dit wel nie dat die nu­we mu­ni­si­pa­li­teit af­ge­skaf word nie.

Die ka­bi­net doen ook ’n be­roep op ou­ers in Vu­wa­ni en die ge­meen­skap om staats­in­gry­pings te steun om leer­lin­ge te­rug in sko­le te kry.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, het gis­ter weer in ’n ver­kla­ring be­na­druk dat die ver­nie­ti­ging van staats- en pri­va­te ei­en­dom in pro­tes­op­tog­te nie ge­duld sal word nie. Hy spreek sy kom­mer uit oor die ge­weld­da­dig­heid ten ty­de van hier­die pro­tes­op­tog­te.

“Dié soort ge­drag doen af­breuk aan men­se se grie­we en laat die fo­kus eer­der op die mis­da­di­ge op­tre­de in die op­tog­te val.”

M­ba­lu­la is ook baie be­kom­merd oor die be­to­gers se voort­du­ren­de aan­val­le op le­de van die po­li­sie. Die po­li­sie is nie die vy­and nie, maar reg en or­de moet ge­hand­haaf word en die reg­te van an­der moet be­skerm word.

Co­pe het gis­ter ge­sê die ge­weld­da­di­ge op­tog­te in ver­al Gau­teng is ’n uit­vloei­sel van die wel­syn­stel­sel wat die ANC-re­ge­ring in 1994 ge­skep het.

Den­nis Bloem, Co­pe-woord­voer­der, sê die ANC moet dap­per ge­noeg wees om na die men­se te­rug te gaan en hul­le in te lig dat die stel­sel nie meer werk nie.

“Suid-A­fri­ka is op die rand van in­een­stor­ting. Ons ste­de, dor­pe, lan­de­li­ke ge­bie­de en plak­kers­kam­pe is weens ’n ge­brek aan diens­le­we­ring en leë be­lof­tes in lig­te laaie.

“Die ANC moet die land ver­tel dat kor­rup­sie en­de­mies op al­le re­ge­rings­vlak­ke ge­word het en al die waar­de­vol­le hulp­bron­ne ge­bruik wat ten doel het om be­hoef­ti­ge men­se te help.”

Vol­gens Bloem is die e­nig­ste op­los­sing om Suid-A­fri­ka­ners e­ko­no­mies te be­mag­tig so­dat hul­le werk­ge­leent­he­de vir hul­self kan skep en nie af­hank­lik van staat­saal­moe­se is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.