Be­to­gers teis­ter mo­tor­be­stuur­ders by Ma­ri­ka­na

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

“Dis ’n mis­sie om werk toe te gaan. Jy moet bid as jy daar ver­by­ry. Jy weet nie of jy en jou mo­tor an­der­kant gaan uit­kom nie. Jy moet maar net bid.”

So sê ’n werk­ne­mer van die myn­maat­skap­py Lon­min in Ma­ri­ka­na na­by Rus­ten­burg, waar on­lus­te die laas­te ruk weer uit­ge­breek het.

Tal­le wer­kers sê hul­le is bang om werk toe te gaan of selfs op se­ke­re paaie in die om­ge­wing te ry.

Ge­weld­da­di­ge be­to­gings teis­ter die Ba­po Ba Mo­ga­le-ge­meen­skap nou al am­per twee we­ke lank.

Wen­dy Tlou, Lon­min-woord­voer­der, sê in ’n ver­kla­ring hul­le is baie be­kom­merd oor die werk­ne­mers, hul ge­sin­ne, le­de van die ge­meen­skap en le­de van die pu­bliek wat deur die ge­bied ry.

Die be­to­gers eis dat die myn 1 000 wer­kers heel­tyds aan­stel en ook 500 “ka­det­te” plaas.

“In die hui­di­ge e­ko­no­mie­se kli­maat is hul ei­se nie re­a­lis­ties nie en kan dit nie ge­doen word son­der om die vol­hou­baar­heid van die on­der­ne­ming in ge­vaar te stel nie,” sê Tlou.

“Lon­min het on­langs ge­her­struk­tu­reer en sy werk­mag aan­sien­lik ver­min­der. Ons kan dit nie be­kos­tig om nog men­se aan te stel nie,” lui die ver­kla­ring.

Ao. M­pei­le Ta­la­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, het be­ves­tig dat ’n bus Woens­dag­mid­dag deur be­to­gers uit­ge­brand is.

“Le­de van die po­li­sie is deur­lo­pend daar om die om­ge­wing te mo­ni­tor en men­se vei­lig te hou. Die si­tu­a­sie het nou be­daar.”

Nie­mand is nog weens die brand­stig­ting in heg­te­nis ge­neem nie en die po­li­sie­on­der­soek duur voort.

’n Bus is Woens­dag deur be­to­gers in Ma­ri­ka­na, Noord­wes, aan die brand ge­steek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.