Groep bid om v­re­de

‘Ons stoei teen dui­wel se s­ke­mas’

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Lid­ma­te en lei­ers van die As­sem­blies of God-kerk in Ennerdale, Jo­han­nes­burg, het gis­ter­mid­dag by­een­ge­kom en ’n ge­beds­ket­ting ge­vorm om vir een­heid en v­re­de te bid.

Dit het ge­beur na­dat Ennerdale on­der ge­weld­da­di­ge be­to­gings deur­ge­loop het. Be­to­gers eis grond waar­op hul­le hui­se kan bou.

Lt.genl. K­ho­mot­so Phahlane, waar­ne­men­de na­si­o­na­le po­li­sie­hoof, het be­to­gers gis­ter bui­te die po­li­sie­kan­toor aan­ge­moe­dig om met die reg­te o­wer­he­de oor hul ei­se te praat en nie ge­weld te ge­bruik nie.

Die po­li­sie sal sterk op­tree wan­neer men­se win­kels plun­der en ei­en­dom be­ska­dig, sê Phahlane.

Vol­gens hom is die po­li­sie nie “wreed” soos van die be­to­gers be­weer het nie, maar doen hul­le net hul werk.

Past. Clau­de P­re­to­ri­us, an­der kerk­lei­ers en lid­ma­te het eers in O­lym­pus­weg ge­bid.

“Ons is nie hier om ’n op­roer te ver­oor­saak nie, maar ons is hier om teen die dui­wel se s­ke­mas te stoei,” sê P­re­to­ri­us.

Hy het die kerk­gan­gers ge­vra om vir Ennerdale, die re­ge­ring en die land te bid.

Die groep het ook na die hoek van die R557 en Ja­mes­straat, waar die mees­te van die be­to­gings in die buurt plaas­ge­vind het, ge­stap en ge­bid.

P­re­to­ri­us sê men­se moet vir God se in­gry­ping bid om­dat Hy die e­nig­ste een is wat v­re­de kan her­stel.

P­re­to­ri­us het die groep ge­vra om die po­li­sie­le­de aan God op te dra “om­dat hul­le uit­ste­ken­de werk doen”. Hy het die po­li­sie­le­de ge­vra om hul­le by die kring aan te sluit so­dat hy vir hul­le kan bid. Die po­li­sie­le­de wou nie deel van die ge­bed word nie. Die groep het wel voort­ge­gaan en vir hul­le ge­bid.

Li­o­nel Jack­son (47), ’n in­wo­ner, sê hul vei­lig­heid word deur die be­to­gings be­dreig, ver­al om­dat sy kin­ders nie meer skool toe kan gaan nie. Sy twee kin­ders, in gr. 3 en gr. 7 aan die Goud­park P­ri­ma­ry S­chool in El­do­ra­do Park, gaan se­dert be­gin van­dees­week nie skool toe nie om­dat dit te ge­vaar­lik is. Die skool is vol­gens hom ook in­tus­sen ge­sluit.

“Ek ver­staan men­se is ge­frus­treerd met die re­ge­ring, maar wat gaan hul­le maak as die be­sig­he­de toe­maak wat hier in Ennerdale is? Wat dan? Wat van die men­se wat daar werk?”

Hy sê die si­tu­a­sie is hart­seer, “maar dit het ’n leef­styl in Suid-A­fri­ka ge­word”.

Lu­san­da Jack­son, voor­sit­ter van die Mid-Ennerdale P­ri­ma­ry S­chool se be­heer­lig­gaam, sê ter­wyl die skool gis­ter­og­gend aan die gang was, het hul­le die nuus ont­vang dat daar be­to­gers bui­te die skool is wat dreig om dit af te brand.

Leer­lin­ge en on­der­wy­sers is toe huis toe ge­stuur.

Lu­san­da sê leer­lin­ge sal by die huis moet bly tot­dat kalm­te in die dorp her­stel het.

Sy sê hul­le moes by­ko­men­de pri­va­te vei­lig­heid kry om die skool te be­waak, ter­wyl die po­li­sie ook daar was. “Ons pleit by die po­li­sie om ons uit te help om die mis­da­di­ge e­le­ment uit die be­to­gings te hou.”

Lu­san­da sê sy glo die drei­ge­ment om die skool af te brand hou nie ver­band met die be­to­ging nie.

Sy sê die de­par­te­ment van on­der­wys is ge­kon­tak vir toe­stem­ming om die skool te sluit.

’n Mas­sa­be­to­ging word vir van­dag in Ennerdale, El­do­ra­do Park en Fi­ne­town be­plan.

Kerk­lid­ma­te bid gis­ter vir v­re­de in Ennerdale. Fo­to: FE­LIX DLANGAMANDLA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.