Om ’n man van jou seun te maak

Beeld - - Nuus - A­ni­ka Ma­rais

An­net­te Be­ning speel die en­kel­ma Dorot­hea Fields (55), wat haar tie­ner­seun, Ja­mie (Lu­cas Ja­de Zu­mann) te mid­de van die war­boel van die laat 1970’s in A­me­ri­ka pro­beer groot­maak.

Die tyds­gees is een van ver­an­de­ring, vrou­li­ke e­man­si­pa­sie en po­li­tie­ke on­stui­mig­heid, waar tie­ners met dwelms, seks en punk­mu­siek ge­kon­fron­teer word.

Met dié dat Ja­mie se pa al op ’n vroeë ou­der­dom die pad ge­vat het, voel Dorot­hea angs­tig: Hoe gaan sy ei­e­han­dig haar seun leer om ’n “goeie man” te wees son­der e­ni­ge an­der rol­mo­del­le in sy le­we?

Daar­om span sy die hulp van twee vroue in om hom te help “groot­maak” – haar lo­seer­der Ab­bie (G­re­ta Ger­wig), ’n vry­den­ken­de kuns­te­naar en fo­to­graaf, en Ja­mie se bes­te vrien­din, Ju­lie (El­le Fan­ning), ’n wê­reld­wy­se tie­ner wat van die pro­ble­me in haar eie ou­er­huis pro­beer ont­vlug.

Bin­ne dié bo­heem­se ge­sins­op­set, pro­beer die 15-ja­ri­ge Ja­mie sy voe­te as tie­ner én as man vind. Maar hoe lan­ger die drie vroue vir Ja­mie pro­beer lei­ding gee, hoe meer kom hul eie soe­ke na i­den­ti­teit na vo­re. Die leem­tes in Dorot­hea se le­we en haar on­ver­moë om met haar seun eer­lik daar­oor te praat, word ver­al uit­ge­lig.

Die fliek is in we­se ’n sto­rie oor die mens se e­wi­ge soek­tog na i­den­ti­teit. Dié aan­hou­den­de wroe­gings kan eg­ter by tye uit­put­tend raak, ver­al om­dat daar by­kans geen span­nings­pun­te in

die draai­boek is nie.

Niks dryf die sto­rie­lyn tot ’n spits nie. Dit is een­vou­dig ’n ky­kie in die le­we van drie vroue in die 1970’s wat ’n tie­ner­seun na die bes­te van hul ver­moë pro­beer groot­maak.

Hoe­wel die rol­prent net in ’n kort tyd­gleuf van die Fields-ge­sin se le­we af­speel, ge­bruik die re­gis­seur Mi­ke Mills tog in­te­res­san­te teg­nie­ke om na die ver­le­de en die toe­koms van el­ke ka­rak­ter te ver­wys.

Met flit­se na fo­to’s en a­ma­teur­flieks van die era, word die laat 1970’s in A­me­ri­ka ook in­der­waar­heid ’n vol­waar­di­ge ka­rak­ter in die ver­haal.

Be­ning se spel staan kop en skou­ers bo die res van die rol­ver­de­ling uit en dit is heer­lik om haar as vol­waar­di­ge hoof­ka­rak­ter in ’n fliek te sien.

120 mi­nu­te. 13DTS.

An­net­te Be­ning in ’n to­neel uit 20th Cen­tu­ry Wo­men.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.