Doen­din­ge die na­week

Beeld - - Nuus -

So­lank mens net kan lag word in die Pier­neef­te­a­ter in P­re­to­ria deur Lo­ané van Sand­wyk aan­ge­bied en is ’n heer­li­ke ont­span­nings­aand vol sto­ries en lied­jies. Die le­we is be­sig en die tyd min, so dink aan jou­self en kom sit ter­wyl mu­siek in jou ore sing. Bring jou vrien­de, fa­mi­lie, on­der­wy­ser en selfs dok­ter as jy sou wou en kom her­laai ná ’n week se ge­skar­rel.

Van Sand­wyk be­ge­lei haar­self op kla­vier, ki­taar en u­ku­le­le.

Die kon­sert be­gin mô­re om 19:00. Kaart­jies kos R80. Ska­kel 012 329 0709 of stuur ’n e­pos na in­fo@pier­neef­te­a­ter.co.za om te be­spreek.

Ham­let deur Wil­li­am S­ha­ke­spea­re word tot 21 Mei deur A­bra­ham­se & Mey­er Pro­ducti­ons in die Pie­ter Toe­rien­te­a­ter by Mon­te­ca­si­no aan­ge­bied.

Die re­gis­seur F­red A­bra­ham­se en die span van ses ak­teurs voer ’n weer­ga­we op wat die ma­tro­se van die skip Red Dra­gon aan die kus van A­fri­ka op die plan­ke ge­bring het toe hul­le le­dig was.

So­ver be­kend, is dit die eer­ste S­ha­ke­spea­re­werk wat bui­te die gren­se van Eu­ro­pa op­ge­voer is – in A­fri­ka.

Mar­cel Mey­er is in die rol van Ham­let, die prins wie se pa pas ver­moor is en wie se broer Clau­di­us met Ham­let se ma, Ger­tru­de, trou.

Kaart­jies kos R100 tot R180. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Die pi­a­nis Pe­tro­nel Ma­lan, wat dees­dae in Tex­as woon, tree mô­re in die Lin­der­ou­di­to­ri­um in Park­town op on­der die vaan­del van die Jo­han­nes­burg Mu­sic So­cie­ty. Ma­lan het al uit­ge­brei­de na­vor­sing ge­doen oor tran­skrip­sie­mu­siek, en na­dat haar CD Trans­fi­gu­red Brahms ver­le­de jaar ver­skyn het, is dit te wag­te dat sy van dié wer­ke in die so­lo­uit­voe­rings op haar kon­sert­toer tans in Suid­A­fri­ka sal in­sluit.

Die kon­sert be­gin om 20:00, maar kaart­jies kan van 17:00 by die deur ge­koop word. Of dit kan by Com­pu­tic­ket be­spreek word. Kaart­jies kos R180 tot R220.

Die P­re­to­ria Na­si­o­na­le Bo­ta­nie­se Tuin is een van die ne­ge na­si­o­na­le bo­ta­nie­se tui­ne en is in die oos­te van P­re­to­ria in Gau­teng ge­leë. Die tuin be­slaan so­wat

76 hek­taar en is in 1946 ge­stig. V­lei­land­spe­sies, vet­plan­te, ’n me­di­si­na­le tuin en ’n brood­boom­ver­sa­me­ling is hier te vin­de.

Dis ook die tuis­te van die Na­si­o­na­le Bi­o­di­ver­si­teitsen­trum. ’n Kwart­siet­dag­soom ver­deel dié tuin in twee de­le – die kou­er sui­de­li­ke kant en ’n war­mer ge­bied aan die noor­de­li­ke kant.

Dit skep twee u­nie­ke wê­rel­de vir be­soe­kers en plant­kun­di­ges.

Die a­dres: Cus­so­ni­a­laan 2, Brum­me­ria, P­re­to­ria. Ska­kel 012 843 5071 vir meer in­lig­ting.

Mi­ro C­ha­ka­ry­an, die lei­er van die Jo­han­nes­burg P­hil­har­mo­nic, op vi­ool en Il­se My­burgh op kla­vier hou Son­dag ’n ver­to­ning in Lin­den. Hul­le voer meest­al I­ta­li­aan­se kom­po­si­sies uit, wat wer­ke deur Gi­u­sep­pe Tar­ti­ni en To­ma­so Vi­ta­li in­sluit.

Toe­gang kos R110 en 50 sit­plek­ke is be­skik­baar. Be­spre­king is nood­saak­lik. Bel O­wen Frank­lin van­dag by 011 440 1857 of stuur ’n e­pos na fr.o­wen@gmail.com as jy dit wil by­woon.

Bel ook om die a­dres uit te vind.

Mar­cel Mey­er as Ham­let.

Pe­tro­nel Ma­lan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.