12 te­no­re be­to­we­rend

Beeld - - Nuus - Mi­chiel Ja­cobsz

14 jaar ge­le­de het Bar­ry Potts die eer­ste keer in Suid-A­fri­ka aan­ge­land met die Rock Le­gends-ver­to­ning waar­in die mu­siek van Qu­een, ABBA en die Be­at­les deur B­rit­se san­gers op­ge­dis en deur ’n plaas­li­ke fil­har­mo­nie­se or­kes on­der­streep is.

Se­dert­dien het hy met hier­die soort ver­to­nings goed naam ge­maak vir hom­self as ver­vaar­di­ger en te­noor, on­der meer in Lon­den se West End en weer plaas­lik met die ge­wil­de HIS­to­ry-hul­de­blyk aan Mi­cha­el Jack­son.

Op sy vyf­de be­soek aan Suid-A­fri­ka het Potts 11 an­der te­no­re saam­ge­bring om by hom op die ver­hoog aan te sluit, en die do­syn stem­me werk goed saam. As jy jou sto­rie ken, sal jy weet Suid-A­fri­ka het self te­no­re te kies en te keur – dink maar aan C­harl van Hey­nin­gen en die im­mer­groen Jo­seph Clark – maar sel­de kry ons die voor­reg om 12 te­no­re só saam te hoor.

Die stem­me pas uit­ste­kend saam, en die mu­siek bied ’n ver­skei­den­heid wat strek van o­pe­ra met lie­de­re soos “Nes­sun dor­ma” en “Nel­la fan­ta­sia” tot ’n paar lek­ker keur­spel­stuk­ke wat hul­de bring aan Si­mon & Gar­fun­kel, S­ting, The Be­ach Boys en selfs die 40’s se Rat Pack.

Daar is ook ’n ou­li­ke plaas­li­ke wen­ding wat in die twee­de helf­te plaas­vind wat die ge­hoor op hul voe­te be­hoort te hê.

Die e­nig­ste noot wat ef­fens uit plek voel, is die dood­ge­speel­de “My He­art Will Go On”, soos deur Cé­li­ne Di­on ge­skree vir die fliek Ti­ta­nic en nou ef­fens be­ter ver­tolk deur die man­ne in hul pik­ke­wyn­pak­ke.

An­ders as met die heel eer­ste Rock Le­gends is daar on­ge­luk­kig nie ’n vol­le or­kes om die sterk stem­me te rug­steun nie, maar dit doen de­fi­ni­tief nie veel af­breuk aan ’n an­der­sins lek­ker ver­to­ning nie.

’n Heel be­kwa­me plaas­li­ke vier­tal-or­kes (Wes­sel O­den­daal – kla­vier, Ed­die S­teyn – bas­ki­taar, Vi­vi­an A­lex­an­der – ki­taar, Tra­vis John­ston – trom­me) is fan­tas­ties in sy on­der­steu­nen­de rol op die ver­hoog.

Hoe­wel die jon­ger ge­slag dalk nie ál die mu­siek sal her­ken nie, is hul­le ook wel­kom om die er­va­ring mee te maak, en met die o­pe­nings­aand se ge­hoor wat in ou­der­dom net so­veel as die mu­siek ge­wis­sel het, was dit nog­al in­te­res­sant om te sien hoe­veel van die jon­ger gar­de dui­de­lik aan­klank ge­vind het.

Die ver­to­ning is twee uur van mu­siek wat ’n kron­ke­len­de voet­pad stap deur van die bes­te mu­siek uit die laas­te 70 jaar, en die 120 mi­nu­te vlieg am­per te vin­nig ver­by.

Die ver­to­ning is tot 21 Mei in die Man­de­la-te­a­ter in die Jo­burg-te­a­ter­sen­trum te sien .

Be­spreek jou kaart­jies op www.web­tic­kets.com of www.jo­burgt­he­a­t­re.com, of ska­kel 0861 670 670.

■ Tien ge­luk­ki­ge le­sers kan elk­een ’n dub­bel­kaart­jie vir Woens­dag en Don­der­dag se ver­to­nings wen. Stuur jou be­son­der­he­de na Vry­dag@me­dia24.com met “te­no­re” in die on­der­werp­veld. Die wen­ners sal Maan­dag om 09:00 ge­kies word.

Die te­no­re wat tans in die Jo­burg­te­a­ter­sen­trum te sien is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.