Gaan klink ná werk ’n gla­sie by dié ho­tel

Beeld - - Nuus - Teré­sa Coet­zee

Soms is ek op soek na die per­fek­te plek om ná werk ’n ske­mer­kel­kie te gaan ge­niet waar ek op ’n ge­sel­li­ge ma­nier saam met vrien­de die dag kan af­sluit of selfs die na­week kan be­gin. Ek het on­langs die ske­mer­kel­kie- en ca­napé-spys­kaart by die Sand­ton To­wers-ho­tel in die hart­jie van Sand­ton op die proef gaan stel en was aan­ge­naam ver­ras.

Die lig­ging van die ho­tel is per­fek as jy ie­mand in Sand­ton wil ont­moet, en daar was ho­pe par­keer­plek. Die at­mos­feer is stem­mig en baie for­meel en nie die reg­te plek as jy be­plan om ’n paar te­qui­las te veel te ge­niet nie.

Die ho­tel se ske­mer­kel­kie­spys­kaart is taam­lik uit­ge­breid en daar is 12 ver­skil­len­de al­ko­ho­lie­se men­gel­dran­kies om van te kies. Daar is ook ’n spys­kaart met nie­al­ko­ho­lie­se men­gel­dran­kies.

Ek drink graag ’n dai­qui­ri en die meng­sel van soet en suur met wit Ba­car­di-rum, vars suur­le­moen­sap en stroop was ver­fris­send. Die ca­napé wat daar­mee saam be­dien is, was groen­te­tem­pu­ra met wa­sa­bi-ma­yon­nai­se. Dit het R95 ge­kos.

Vir whis­ky­lief­heb­bers is daar ’n W­his­ky Sour-men­gel­dran­kie met A­me­ri­kaan­se whis­key, suur­le­moen­sap en stroop. Die ca­napé wat hier­mee be­dien word, is ’n ge­braai­de gar­naal op ’n stok­kie met ’n tro­pie­se man­go-en-pe­per­sal­sa. Heer­lik! (R120).

Die pry­se van die men­gel­dran­kies en ca­napés wis­sel van R70 tot R140.

Die a­dres van die ho­tel is 5de Straat, Sand­ton, en be­spre­kings kan ge­maak word by 011 780 5555.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.